|
Republikein
|
|
|
24.02.2010 Soldate stem in ‘n japtrap![]() Me. Marilyn Katjitundu, toesighoudende beampte by die stempunt by die weermagbasis op Okahandja.
Lede van die Namibiese weermag het vroegdag al in gelid hul stemme by die basis op Okahandja uitgebring.
Met die middaghitte wat die dorp teen 13:00 stewig in sy kloue gehad het, was dit egter doodstil by die stempunt. Sowat 300 mense het die oggend hier gestem, sê toesighoudende beampte Marilyn Katjitundu.
Almal het volgens haar met die korrekte dokumentasie opgedaag, anders as in die Vyfrandkamp waar ‘n kieser kort na 07:00 al huis toe gestuur moes word omdat sy nie die regte papiere gehad het nie.
Volgens me. Katjitundu is die opleiding wat beamptes ontvang het uitstekend, en werk haar span soos die ratte van ‘n glad geoliede masjien. Tydens Republikein se besoek aan die stempunt het ‘n senior polisiebeampte ook opgedaag om konstabels se notaboekies te inspekteer. Soos tydens die November-verkiesings het beamptes by sekere stempunte ondanks akkreditasie geweier om die media te woord te staan en die neem van foto’s in hul stemlokale verbied. Dani Booysen op Okahandja |
|