24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.08.2009

Smit kap terug na Mudge

DIE geskorste lid van die Republikeinse Party (RP), mnr. Nico Smit, het teruggekap na aantygings van die RP-president, mnr. Henk Mudge, teen hom en dit as ontbloot van enige waarheid bestempel.

Aanvanklik het mnr. Mudge aangekondig dat mnr. Smit weens “rassisme en swak dissipline” geskors is. Hierop sê mnr. Smit in sy politieke loopbaan van 40 jaar was daar nooit enige aantygings van rassisme teen hom nie. “En wat die beskuldiging van gebrek aan dissipline betref, wil ek net sê, as die skoen pas (en dit pas), moet mnr. Mudge dit aantrek.”

“Mnr. Mudge lieg deur sy tande as hy sê ek is Donderdag geskors. Daar bestaan nie iets soos die Khomas streekkomitee wat ingevolge die RP se grondwet verkies is nie, so ek daag mnr. Mudge uit om met die notules van die uitvoerende komiteevergaderings te bewys dat so ’n streekkomitee ooit verkies is en goedgekeur is deur die uitvoerende komitee soos voorgeskryf in die grondwet van die RP. Die laaste vergadering van die uitvoerende komitee is meer as twee jaar gelede gehou. Hierbenewens het geen ampsdraer van die party my ter eniger tyd ingelig dat enigiemand oor enigiets oor my gekla het nie.

“Mnr. Mudge is onlangs, toe hy meineed gepleeg het, as ’n ‘ongeloofwaardige getuie’ deur Hoofregter Petrus Damaseb in die Namibiese Hoërhof gebrandmerk, soos in ’n plaaslike weekblad aangehaal. Dit is duidelik dat niemand moet glo wat mnr. Mudge sê nie, maar dit met ’n knippie sout moet neem,” het mnr. Smit in sy verklaring gesê.