24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.01.2012

Skoolfonds se dae getel


Dr. David Namwandi
SKOOLFONDS by staatslaerskole sal na alle waarskynlikheid in die afsienbare toekoms afgeskaf word. Hoe gou ouers by dié opdrag van die Kabinet gaan baat, is steeds onduidelik. Die implementering van die grondwetlike voorskrif meer as twee dekades ná onafhanklikwording was ’n aanbeveling van verlede jaar se Nasionale Onderwysberaad.

Dr. David Namwandi, Adjunkminister van Onderwys, het gister op die tweede dag van die skooljaar benadruk dat verskeie opvolggesprekke nog moet plaasvind. Hy het teen administratiewe chaos gemaan.

“Ons het nog nie skole ingelig nie,” het Namwandi benadruk. “Dit is ’n proses. Ons wil nie ontwrigting veroorsaak nie. Ons gaan nie oornag optree nie. Dit sal ’n geleidelike proses wees,” het hy gesê.

“Ek wil nie negatief wees nie, maar daar is geen manier nie,” is egter ferm uit die geledere van laerskoolhoofde gewaarsku.

“Nou praat jy,” het die Adjunkminister oor die gevolglike bykomende druk op die onderwysbegroting gesê. Die pos kry met N$8,3 miljard vir die huidige boekjaar steeds meer as enige ander staatsfunksie. “Geld is skaars,” het Namwandi opgemerk.

“Ons glo primêre onderwys moet gratis aan die Namibiese kind voorsien word soos die Grondwet bepaal,” het hy verduidelik. “Dit moet verniet wees. Geen staatskool het ’n grondwetlike reg om geld te vra nie.”

Die beginsel dat ouers wat kan tot ’n skoolontwikkelingsfonds moet bydra, waarvoor die Onderwyswet voorsiening maak, beteken volgens die Adjunkminister dat basiese onderwys “nie gratis” is nie. “Dit spreek vanself,” was die antwoord op die vraag of die Onderwyswet gewysig sal moet word.

Namwandi het herhaal dat baie skole in elk geval die “vergunning” van huidig voorgeskrewe maksimumtariewe vir laer- en hoërskole verontagsaam.

In 2011 is die skooljaar ingelui met onder meer ’n betoging teen skoolfonds deur behoeftige moeders op Okahandja. Vanjaar het ouers opnuut per SMS by Republikein gekla oor die aankoop van selfs skoonmaakmiddels en toiletpapier vir skole en die praktyk om rapporte terug te hou van leerlinge wie se skoolgeld agterstallig is.

Om vir onderhoud, spesiale en bykomende aktiwiteite binne en bykomend tot die leerplan te voorsien, sal volgens een skoolhoofonmoontlik wees sonder ’n finansiële bydrae deur ouers – behalwe as die staat astronomiese bykomende bedrae beskikbaar stel. “Geen skool kan sonder die geld gehalte onderrig aanbied nie,” is benadruk. “En weet jy hoeveel laerskole is daar in die land? Dit is ’n onbegonne taak.”

Daar is bygevoeg dat tot 50% van ouers reeds geen bydrae kan lewer nie.

In ’n demokratiese land kan die grondwetlike bepaling volgens die Adjunkminister nie op private skole afgedwing word nie. “As iemand geld het om vir sy kind te betaal, staan dit hom vry. Ons kan nie in sulke skole se pad staan nie,” het hy beklemtoon.

Volgens Namwandi sal die staat nie by private skole inmeng nie, maar sal dit verwelkom as tariewe vir behoeftiges “redelik” is. Die huidige staatsubsidie aan private skole is gebaseer op ’n kwotastelsel vir die inneem van voorheen benadeeldes.

Ander aanbevelings van die Onderbewysberaad wat die Kabinet goedkeur het, sluit in die verwydering van sjebeens wat te naby aan skole geleë is, die daarstel van ’n nuwe plan om tienerswangerskappe te verminder en die versnelde oprigting van huise vir onderwysers en bykomende klaskamers.