SCORE CARD:


20 YEARS OF INDEPENDENCE

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Okahandja stem


Lesers 2010


Fotobeelde

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

01.03.10

Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn

03.03.10

Stem Namibies

02.03.10

Tiger Reef bly in branders se visier

28.02.10

Ruiterstandbeeld staan weer trots

01.03.10

Beesdief steel ’n tweede keer

2.07.2009

Skade aan staatskar nommer 4 vir Reho se Links

DIE administrateur van die dorpsgronde van die Rehoboth dorpsraad, mnr. Menthol Links, wat vroeër in die hof was omdat hy na bewering onwettig met ’n raadsvoertuig in die nagtelike ure teen ’n boom vasgery het, was glo weer in ’n ongeluk met ’n nuwe raadsvoertuig betrokke.

Die keer was dit in die dag en blykbaar regoor ’n drankwinkel waar mnr. Links met die nuwe dubbelkajuit ’n U-draai gemaak het en ’n ander voertuig in die bakkie vasgery het.

Mnr. Links se derde ongeluk met ’n raadsvoertuig het op 27 Desember verlede jaar plaasgevind toe hy ’n bakkie van die dorpsraad teen ’n boom in Blok E afgeskryf het.

Die ongeluk is eers 14 ure later aangemeld. Mnr. Links het op die laaste dag van 2008 in die hof op die dorp voor waarnemende landdros Pieter Fischer verskyn nadat hy die vorige aand deur die ACC in hegtenis geneem is.

Mnr. Links het glo sonder toestemming met die voertuig gery en is weens ’n oortreding van die Wet op die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) aangekla. Hy moet weer op 21 Julie weens hierdie oortreding in die hof verskyn en is op borgtog van N$4 000 vrygelaat.

Met die jongste geval is die nuwe dubbelkajuitbakkie aan die linkerkant gestamp en volgens omstanders het mnr. Links nie die aankomende voertuig gesien nie en ’n U-draai gemaak.

Amptenare sê die voertuig word nou onder die oë van die publiek uitgehou om eers herstel te word.

Teen die einde van Oktober verlede jaar het mnr. Links as drywer vir mnr. Dax en sy adjunk, me. Cecilia Sherally-McNab, opgetree om die Koperfees op Tsumeb by te woon. Met die terugkoms het hy ’n vlakvark raakgery.

In November verlede jaar het mnr. Links glo ook die spieël van die bakkie van die dorpsraad afgery. Die skade is deur ’n paneelklopper op Rehoboth herstel.

Die skade aan die vier voertuie beloop duisende dollar en dit is nog nie duidelik of mnr. Links vir die betaling van die skade verantwoordelik gehou gaan word nie.