Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Motor 26 September

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

Shivolo-skorsing ‘stamverwant’


Mnr. Christiaan Shivolo
STAMGEBONDE diskriminasie omdat hy ’n Kwambi is, asook professionele jaloesie en nepotisme, kan dalk die oorsake vir die skorsing van die hoof uitvoerende beampte van Helao Nafidi, mnr. Christiaan Shivolo wees. In ’n telefoniese onderhoud met Republikein het mnr. Shivolo gisteraand gereageer op die skielike skorsing.

“Ek het die brief waarin ek van my skorsing in kennis gestel is omstreeks 12:40 Woensdagoggend ontvang. Dit is deur die burgemeester, mnr. Peter Carolissen, onderteken. Ek is in die brief meegedeel dat die skorsing onmiddellik van krag is en vir ’n onbepaalde tyd is. Die enigste rede wat aangevoer is, is dat ek die diensvoorwaardes oortree het.

Die diensvoorwaardes is in ’n dik dokument vervat, so ek weet glad nie watter betrokke diensvoorwaarde hulle na verwys nie. Ek praat nou met my regsverteenwoordigers sodat ons op die toepaslike stappe wat ons vorentoe moet neem kan besluit,” het mnr. Shivolo gesê. Die burgemeester het die skorsing bevestig, maar was nie bereid om verdere besonderhede oor die redes vir die skorsing te gee nie alvorens die lynministerie breedvoerig ingelig is.

Beweringe dat groot ontevredenheid bestaan omdat hy groot stukke grond aan Chinese verkoop het, is deur mnr. Shivolo ontken. “Dit is mos nie ek wat alleen daardie besluite neem nie, dit is die dorpsraad. Dit is nie binne my mag om alleen sulke besluite te neem nie. Die grond is ook nie weggegee nie en met die verkoop daarvan het die dorpsraad ’n goeie inkomste verdien,” het hy verduidelik.

Tog wys hy daarop dat daar reeds wrywing tussen hom en mnr. Carolissen was nog voor dié aangestel is as burgemeester. “Na sy aanstelling het ek maar net so in die gange gehoor dat hy vir mense gesê het, my kop gaan rol. Die rede hiervoor kan seker maar net wees dat hy aangedryf is deur jaloesie en nepotisme,” het mnr. Shivolo aan Republikein gesê.

Helao Nafidi was einde verlede jaar in die nuus toe die destydse burgemeester, mnr. Medusalem Handjaba, en raadslid Hilme- Mwene Haulyondjaba uit die dorpsraad geskors is weens die vermoede dat hulle die RDP ondersteun. Mnr. Carolissen is in Mei vanjaar as burgemeester verkies, nadat Helao Nafidi vir sowat ses maande sonder ’n eerste burger moes klaarkom.