24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.10.2009

Seelui se stemdag kan haweverkeer ontwrig


’n ONGEKENDE opeenhoping in die Walvisbaaise hawe en vissershawe kan op 13 November ’n voorspel tot Namibië se nasionale verkiesing word.

Op ’n vergadering deur die Ministerie van Visserye en Mariene Hulpbronne op Swakopmund het die Minister, dr. Abraham Iyambo (foto onder), aangekondig dat alle seevarende werkers op 13 November op land sal kan stem.

Om dit te wettig, sal die verkiesingswet dienooreenkomstig gewysig moet word. Volgens die adjunkdirekteur van die Verkiesingskommissie, mnr. Annanias Elago, sal vanjaar nie uitgegaan word na die vaartuie sodat die werkers kan stem nie.

Alle vaartuie sal op 13 November die hawe moet aandoen om die werkers te laat stem. Hulle mag wel ook op 27 en 28 November tydens die nasionale en presidentsverkiesing stem, sou hulle op land wees en nie op 13 November hul stemme uitgebring het nie.

Een van die grootste probleme sal die opeenhoping van seeverkeer by die hawe wees. Mnr. Elago het op die vraag uit die gehoor geantwoord hy het geen manier waarop die situasie anders hanteer kan word nie.

“Ons as ’n nasie moet saam ’n antwoord hierop kry,” was sy reaksie. Die vergaderinggangers wou ook weet watter voorsorgmaatreëls getref gaan word om te verhoed dat seelui wat reeds op 13 November gestem het, weer tydens die nasionale verkiesing gaan stem.

Mnr. Elago het gesê dat die ink wat aan kiesers se duime aangewend word vir meer as ’n maand nog sigbaar sal wees. Hy het toegegee dat dit afgewas kan word, maar hy het gesê dit is onwettig.

Een voorstel was dat verkiesingsbeamptes seelui se registrasiekaarte terughou tot ná die nasionale verkiesing, waarna dit weer aan hulle besorg kan word. Mnr. Elago het gesê dit klink na ’n goeie plan, maar hy weet nie of dit wettig is nie.

Visverwerkingsfabrieke wat by stokvisvangste betrokke is, sal in die besonder getref word. Hulle is die ganse Oktober op land, maar in November op see. Met 13 November as die datum waarop hulle weer in die hawe moet terug wees, beteken dit dat hulle groot verliese kan ly.

Die vraag was gevra of hul stemdag nie na 26 of 29 November verskuif kan word nie.

Mnr. Elago het ook gewaarsku dat maatskappye wat nie hul seevarende personeel op 13 November aan wal bring nie, vervolg kan word.