|
|
8.2.2012 MTC stil op twee fronte | MTC, ons op Walvisbaai verloor baie dollars. Die netwerk is vrot, dis nou 6 maande. Kuisebmond ou kwartiere en Kabeljoustr. area. Wanneer sal ons behoorlike diens kry?
MTC in Walvisbaai was genader vir kommentaar, maar geen skriftelike kommentaar is tot op hede ontvang nie. Lees meer |
|
8.2.2012 Miguel is baie, baie boos | EK wil graag die publiek waarsku teen ’n tweedehandse parte-onderneming wat volle geld verwag as jy ’n part by hulle bestel, ma as hulle ni di part kan aflewer dan kan hulle ok ni jou geld terug gee ni, want di eienaar mut di tjek teken en is gedurig in di buiteland of Angola. Lees meer |
|
8.2.2012 Waar is Jannie en Liesbet? | EK is op soek na Jannie en Liesbet Steenkamp wat vroeër jare buite Konkiep/Goageb geboer het, en toe in die begin van die 80’s na Rosh Pinah verhuis het om daar te gaan werk. As hierdie brief/versoek in die Suiderland geplaas word, glo ek dat ek antwoord sal kry. Lees meer |
|
8.2.2012 Spoedwalle asseblief | EERSTENS wil ek graag vir sommige inwoners van Swakop sê dat daar nie meer ’n robot op die hoek van Welwitchiastraat is waar ’n pyltjie aangedui het dat jy links kan draai na die munisipaliteit se kant of wanneer jy van die dorp af kom, links kan draai in ... Lees meer |
|
7.2.2012 Rather stay above board | ALLOW me space to contribute on issues affecting development and the 2.2 million population within the Namibian context. It has been a time to share my ideology based on very serious daily basic necessities such as food, water, electricity and more needs for people, survival. Lees meer |
|
6.2.2012 Kruiwa word hul speelplek |  Dit was onlangs so warm op Okahandja dat dié twee kleuters besluit het om in die kruiwa wat vol reënwater was, te speel. Hulle het gelag en gebaljaar en breed geglimlag toe Jonie Potgieter hulle afgeneem het. Lees meer |
|
6.2.2012 Vermy maar die kalklig | KALKLIG
Ons hou almal van die limelight
Want dan voel jy taamlik orraait
Jou naam op almal se lippe
Dan maak jy mos meer pitte.
Jan Alleman, jy moet verstaan
Al bring jy jou storie voetsaam
Daai issie wat die leser slaan
Hulle like meer die bekende naam. Lees meer |
|
6.2.2012 Lang hare is nie ’n sonde | EK raak net kwaad dat onderwysers nog op klein goed konsentreer soos hare wat te lank is volgens die onderwyser wat die kind huis toe gestuur het. Hulle tyd gaan verlore. Lüderitz Sekondêre Skool, los daai goed en kyk hoe lyk ons uitslae van 2011.
Ons ... Lees meer |
|
6.2.2012 Assuransie wil nie betaal | ONWILLIG om te betaal? Ek is D. van Wyk van Windhoek en wil net die volgende met die publiek deel. ’n Paar weke terug is by my kar voor Medi-Clinic ingebreek met die “remote” wat diewe deesdae gebruik. Na lange gesukkel vir ’n saaknommer en afskrif van verklaring by die polisie moes ek by HOLLARD, ... Lees meer |
|
6.2.2012 Bejaardes kan nie meer bybly | MET ’n skok kom ek agter dat Prosperity Health ons hospitaalplan se premie met bykans 25% verhoog het!
Die reaksie op my navraag is dat die premies mos elke jaar aangepas word. Ons is reeds oor die ouderdom van 60 jaar. Gaan ons pensioen met 25% op? Is die rente op ons beleggings 25%? Lees meer |
|
|