24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Salarislont brand plek-plek kort

© Marlize Rautenbach
Werkers van Hardstone Processing toi-toi buite hul werkplek in Windhoek. Hulle wil met die protes voortgaan totdat die bestuur aan hul eise toegee.

MIDDE ’n “staakseisoen” wat vroeg in die jaar op talle fronte stoom opbou, het werkers van Hardstone Processing, ’n diamantaanleg in Windhoek, ook gister na die plakkate gegryp om ’n noemenswaardige verbetering in hul betaling af te dwing.

“Ons het al so baie vergaderings gehou, maar ons kry geen antwoorde nie,” sê mnr. Lukas Hangula van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN). “Hulle (die bestuur) wil ons niks gee nie.”

Die betogers eis ’n maandelikse verhoging van N$450 op hul huidige N$950 per maand. Hulle wil ook ’n bykomende behuisingstoelaag van N$400 per maand en N$500 per maand vir vervoer asook elke dag N$30 vir middagete hê. Dit sal die werkers se salaris rofweg tot ongeveer N$3 000 per maand verdrievoudig.

Op die vraag dat mense in ander beroepe vir hul eie middagete moet opdok, het Hangula gesê dit is staande praktyk by ander slyp- en poleeraanlegte dat werkgewers hul mense voed.

Die onderneming het 110 werkers.

Republikein kon nie met senior bestuurslede gesels nie aangesien hulle in ’n vergadering was.

“Die MUN en die maatskappy het nog geen ooreenkoms bereik nie,” het me. Julitta Fredericks, ’n administratiewe personeelbeampte, gesê. “Daar is niks wat die bestuur kan sê nie.”

Mnr. Burhan Seber, voorsitter van Namibië se Vereniging van Diamantvervaardigers (DIAMAN), is een van HSP se grootbase.

Werkers van Namibia Beverages wag steeds op die bestuur van die bottelary vir antwoorde oor hul eise vir verhogings. ’n Opvolgontmoeting vind die week met die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) plaas.