
Stempunte vir die nasionale en presidentsverkiesings sal binnekort sakrekenaars ontvang wat vir die tel van stemme gebruik sal word. ’n Skenking van 1 700 sakrekenaars deur Mediva Fisheries is deur die adjunk sekretaris-generaal van Swapo, Min. Nangolo Mbumba, by Swapo se hoofkantoor in ontvangs geneem. Die foto toon mnr. Paulus Kapia van Swapo met die sakrekenaars wat volgens hom onmiddellik uitgedeel gaan word.