24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

17.09.2009

Sakegemeenskap in Noorde steun Swapo

© Placido Hilukilwa
President Pohamba en lede van die Pakistan Oshikango Welfare Organization met kartonne vol propagandamateriaal.

SWAPO se verkiesingsveldtog het die week ‘n hupstoot gekry toe lede van die Pakistanse sakegemeenskap op Oshikango in die Ohangwena-streek, propagandamateriaal ter waarde van N$2,5 miljoen aan die regerende party geskenk het.

Die Pakistan Oshikango Welfare Organization (POWO) het Maandag tydens ‘n plegtigheid op Eenhana die skenking aan President Hifikepunye Pohamba oorhandig.

Mnr. Pohamba het namens die regerende party die Pakistani’s bedank en plaaslike sakelui versoek om “die goeie voorbeeld” te volg.

Hy het die inwoners versoek om in November te gaan stem en om ‘n vreedsame verkiesingsveltog te verseker. “Wees vreedsaam, toon wedersydse liefde, werk saam en stem reg,” was sy boodskap aan Swapo-ondersteuners.
© Placido Hilukilwa
Mnr. Muhammad Saeed (regs) stel lede van die Pakistan Oshikango Welfare Organization aan President Pohamba voor.
Hy het die kiesers van Ohangwena versoek om vir Swapo te stem om sodoende te verseker dat die party nog ‘n vyfjaar termyn kry om ontwikkelingsprojekte wat tans aan die gang is, te voltooi.

Hy het ondersteuners van sy party gevra om enige vorm van intimidasie te vermy en om voorvalle van provokasie by die polisie aan te meld. “Moenie die reg in eie hande neem nie. Ons moet vrede handhaaf,” het hy gesê en ook kerkleiers versoek om vrede te predik en daarvoor te bid.

Mnr. Pohamba wat Swapo-ondersteuners teen “misleidende politici” gewaarsku het, het onder groot applous gesê: “Om Pohamba te stem is die regte ding om te doen.”

Die Pakistani’s het die Swapo-regering geloof en die party uitgesonder as die enigste met ‘n langtermyn visie vir die land.

“Onder ‘n Swapo-bewind is Namibië op die regte koers. Daar is vrede en daar is respek vir buitelandse beleggers. Daar is voldoende geleenthede vir handel, en reg en orde word gehandhaaf,” het mnr. Muhammad Saeed, besturende direkteur van die Fitima Plastic Manufacturers en voorsitter van POWO, gesê.

“Ons gemeenskap ondersteun Swapo en President Hifikepunye Pohamba, daarom hierdie klein skenking tot voordeel van die party se verkiesingsveldtog,” het hy gesê.

Die skenking bestaan uit duisende Swapo-vlae, T-hemde, sleutelringe in Swapo-kleure, en plakkers met President Pohamba se foto daarop aangebring.