24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

18.08.2010

SADC soek snelrat

• Mugabe skop vas

© Dani Booysen
Op die vooraand van sy 75ste verjaarsdag tydens die afsluiting van die 30ste spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het Pres. Hifikepunye Pohamba eremedaljes aan oudstryders van die streek oorhandig. Mnr. Sam Nujoma, oudpres. Kenneth Kaunda van Zambië en brigadier-generaal Hashim Mbita van Tanzanië is met die Sir Seretse Khama SADC-medalje vereer.

SADC-leiers se voetslepery met besluite wat burgers van die streek se lewens moet verbeter, moet ‘n einde kry, het Pres. Hifikepunye Pohama van Namibië gisteraand by die afsluiting van die 30ste jubileum spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in Windhoek geëis.

Pres. Pohamba, die nuwe voorsitter van SADC, het onderneem om skakeling met lidlande op te skerp om die toepassing van die streekliggaam se besluite te versnel.

“Dit is noodsaaklik vir ons as leiers om praktiese aksie te neem. Indien nie sal streekburgers in streekleiers se toewyding begin twyfel. Dit kan net sinisme en frustrasie kweek,” het hy gesê.

Hoewel Pres. Pohamba groot klem op die belangrikheid van ontwikkelingshulp uit die buiteland geplaas het, het hy benadruk dat eenheid en gelyke behandeling nie onderhandelbaar is in voortgesette gesprekke oor ‘n meer sinvolle ekonomiese vennootskapooreenkoms met die Europese Unie nie. Laataand het pres. Robert Mugabe van Zimbabwe, in waarskynlik die langste toespraak van die aand, opnuut ‘n fel aanval op Europa van stapel gestuur.

Hy het die hakke ferm ingekap ter verdediging van sy land se omstrede grondhervormingsbeleid en SADC ondanks openlike kommer oor eenheid in die streekliggaam, hartlik bedank vir sy steun aan Zimbabwe teen dié magte wat hierdie land onregverdig verdemoniseer.

“Ons het ons grond afgevat van die settelaars. Die Britte het ingestem, maar die boere nie. Ons sê dit is ons grond,” het ‘n driftige pres. Mugabe uitgevaar.

Die president van die SADC Tribunaal, Regter Ariranga Govinbasamy Pillay, het aan die punt van die hooftafel, skaars twee meter van pres. Mugabe gesit tydens die uitbarsting.

“Ons is nie verenig nie. Ons is net nie verenig nie,” het mnr. Mugabe gesê kort ná hy oudergewoonte van sy geskrewe toespraak begin afwyk het.

“Jy sien groter afhanklikheid van die mense wat ons gister gemartel en in die tronk gestop het.”

Die Zimbabwiese staatshoof het kaalvuis ingeklim onder nie-regeringorganisasies wat SADC-lande volgens hom polities en ekonomies wil vernietig.

“Is dit waarvoor die Frontlinie state geveg het? So, ons word alweer nuwe kolonies van Europa. Laat hulle (die Weste) lesse kom leer by ons stigtersvaders,” het hy gesê.

Mnr. Mugabe het ‘n ernstige beroep op nuwe en jonger leiers in SADC gedoen om nie die streek se vryheid te verkoop nie.

“Kyk wat het hulle (die Weste) aan Afrika gedoen! Hoekom moet ons neerbuig voor hulle? Kom ons wees onsself.”

Pres. Ian Khama van Botswana was opvallend afwesig van die hooftafel ná onderhandelinge wat gister byna twee ure langer geduur het as waarop gereken is. Regter Pillay was een van die laaste persone wat deur die Staatshoofde geroep is om verslag te doen oor Zimbabwe se jongste skuldigbevinding aan die minagting van die streekhof se gesag.

Mnr. Mugabe het aangevoer dat Zimbabwe bloot nie al sy diamante mag verkoop nie omdat De Beers en Anglo American eintlik sy land se diamantmyne wil oorneem.

“Hulle het oral diamante ingesluk.”

In ‘n verdere aanval op die Weste het hy getier: “Hulle het die omgewing bederf vir ons en nou moet ons daarvoor betaal. Nee, hulle sal betaal.”

‘n Finale verklaring oor die spitsberaad se besluite is eers laat gisteraand verwag. Persone wat deel van die onderhandelinge uitgemaak het, het vooraf reeds aangedui dat daar geen noemenswaardige poging sou wees om Zimbabwe in die openbaar tot orde te roep nie.