19.08.2010 SADC-regstwis op sneltrajek
 Pres. Robert Mugabe (links) in aksie by die afsluiting van SADC se 30ste jubileum-beraad in Windhoek, waar hy ten aanhore van die President van die SADC-tribunaal, Regter Ariranga Govindasamy Pillay (regs), reg langs die podium herhaal het dat Zimbabwe nooit van die kernbeginsels van die land se omstrede grondhervormingsbeleid sal afwyk nie.
TOENEMENDE druk op SADC-leiers om standpunt in te neem oor Zimbabwe se voortgesette minagting van die ontwikkelingsgemeenskap se streekhof, het die Windhoek-spitsberaad genoop om die hele 12 bykomende maande wat ’n komitee wou hê om die strydpunt finaal ter ruste te lê, met die helfte te sny.
Teen die agtergrond van Pres. Hifikepunye Pohamba se eis as nuwe voorsitter van SADC dat die voetesleephouding van staatshoofde einde moet kry, was hierdie een van die min ligpunte by ’n indaba wat andersins min konkrete rigtingveranderings opgelewer het.
Dr. Tomaz Salomão, uitvoerende sekretaris van SADC, het Dinsdag by ’n laataand-nuuskonferensie gesê verskeie lande het die voet ferm dwars gesit teen die onbepaalde doodsmoor van die Mugabe-regering se uitdaging van die hoogste geregtelike gesag in die streek se mandaat om lidlande tot orde te roep oor skendings van die SADC-verdrag en internasionale reg.
Volgens dr. Salomão het SADC se ministers van justisie en Prokureurs-generaal ná verlede jaar se Kinshasa-beraad reeds ’n “diepgaande ondersoek” ingestel na die implikasies van Zimbabwe se nie-nakoming van die SADC-tribunaal se bevel om die etnies gedrewe onteiening van blanke boere in die land summier te staak en boere wat reeds hul grond verloor het, regverdig te vergoed. Die tweede opdrag aan die komitee was om die streekhof se rol en verantwoordelikhede onder die te neem.
Die span het volgens dr. Salomão onder meer in hul eie lande en uit die buiteland regsmenings oor die twisappel ingewin.
“Op grond van die inligting het hulle (die komitee) aan die beraad verslag gedoen dat daar twee kwessies is. Enersyds is daar regsaspekte en andersyds sake van ’n politieke aard,” het die uitvoerende sekretaris verduidelik.
Staatshoofde het egter op ’n veel duideliker aanbeveling aangedring as waarmee die ondersoekspan vorendag kon kom. ’n Versoek dat die saak liefs moet oorstaan tot Augustus 2011 se beraad in Angola het volgens dr. Salomão uit sekere oorde kritiek uitgelok omdat dit sou wys dat staatshoofde nie die nodige aandag aan ’n belangrike strydvraag oor SADC se reëls en die beginsels van goeie bestuur gee nie.
Die komitee het volgens dr. Salomão aangedui dat hulle minn
Pres. Robert Mugabe (links) in aksie by die afsluiting van SADC se 30ste jubileum-beraad in Windhoek, waar hy ten aanhore van die President van die SADC-tribunaal, Regter Ariranga Govindasamy Pillay (regs), reg langs die podium herhaal het dat Zimbabwe nooit van die kernbeginsels van die land se omstrede grondhervormingsbeleid sal afwyk nie.stens ses maande sal nodig hê om ’n deurtastende, onafhanklike mening oor die Tribunaal-tameletjie gereed te hê. ’n Buitengewone spitsberaad sal volgens hom belê word om die verslag te bespreek.
Die uitvoerende sekretaris het onderneem om te gelegener tyd volledige besonderhede oor die opdrag aan die komitee openbaar te maak.
“Daar is niks om weg te steek nie,” het hy benadruk. “Dit is egter noodsaaklik dat ’n spitsberaad ’n ingeligte besluit neem.”
Oor ’n oënskynlik ekstreme interpretasie van die Windhoek-besluit dat dit effektief beteken dat die streekhof geen nuwe sake kan hoor of enige besluite kan neem tot die “hersieningsondersoek” afgehandel is nie, het Regter Charles Mkandawire, griffier van die SADC-tribunaal, gister benadruk dat die amptelike besluite van die beraad van geen só ’n opheffing van die streekhof se magte melding maak nie.
|