Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Motor 14 November

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

11.11.08

Wilddiewe se turf sit

14.11.08

Held van Hochfeld-ongeluk

10.11.08

Rekordprys vir skaapram

12.11.08

Oranjemund se skatskip

13.11.08

Hof sny Ripperspoor

12.11.08

Omkoopgeld het twee in sop

25.07.2008

Só sien Ulenga-groep hofuitspraak

DIE Ulenga- en Schimming- Chase-faksies van die Congress of Democrats (CoD) se verskillende intepretasies van die hofbeslissing wat die geskil tussen hulle moet bylê, is die grootste struikelblok in die weg van versoening tussen die twee groepe. Die Ulenga-groep stem saam dat die status van die party na die van vóór die Keetmanshoop-kongres moet terugkeer, maar wil selektief die besluite en aanstellings ná die kongres as ongeldig verklaar.

Die groep reken dat die datum van die hofbeslissing die sperdatum is waarvandaan besluite en aanstellings saam gemaak moet word. Mnr. Natjie Tjirera, wat namens die Ulenga-groep gister moes kleitrap om aan die media dié faksie se standpunt te probeer regverdig, sê dit is ’n fout dat na me. Rosa Namises as die sek retaris-generaal van die party verwys word, aangesien sy net in dié posisie waarneem.

Wyle Kala Gertze was die sekretaris-generaal en me. Namises sy adjunk. Daarenteen argumenteer hy dat die aanstelling van mnr. Tsudao Gurirab as hoofsweep van die CoD in die plek van me. Schimming- Chase geldig is, aangesien dit deur die leierskap geneem is en nie deur ’n kongres nie. Sy eie posisie as die sogenaamde woordvoerder van die CoD word ook bevraagteken.

Terselfdertyd is die Ulengafaksie bereid om me. Kaveri Kavari as lid van die party se nasionale werkskomitee te onttrek. Sy was in 2004 die tesourier-generaal van die CoD, maar het intussen uit die posisie bedank en glo later die bedanking teruggetrek. Hy sê die rede waarom me. Schimming-Chase en mnr. Moses Katjiuongua uit Maandag se vergadering geloop het, is omdat sy die posisie van die hoofsweep en die finansies van die party wou bespreek, wat niks met die hofuitspraak te doen het nie.

“Ons het geweier om dit te doen, omdat ons streng wil voldoen aan die hofbeslissing. Ons kan ons mos nie aan onwettighede skuldig maak nie. Ek doen ’n beroep op alle CoDlede om verantwoordelik en op ’n gedissiplineerde manier op te tree,” het mnr. Tjirera gesê. Volgens hom sal die voorgestelde skedule vir die hou van die party se kongres om ’n nuwe leierskap te verkies op 2 Augustus tydens ’n vergadering van die nasionale uitvoerende komitee bespreek word.