24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.03.2010

Só lyk Pohamba se keuse

• Nuwe Parlement

PRESIDENT Hifikepunye Pohamba se keuse van ses kandidate om as bykomende lede van die Nasionale Vergadering te dien, was op groter verteenwoordiging van minderheidsgroepe gebaseer.

Die ses wat nie stemreg in die NV sal hê nie, sal na alle waarskynlikheid vanoggend saam met die ander parlementslede deur Hoofregter Peter Shivute ingesweer word.

Die bykomende lede was gister na Staatshuis geroep waar Pres. Pohamba elkeen afsonderlik ingelig het dat hulle deur hom as NVlede genomineer is.

Die Direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, prof. Peter Katjavivi, was glo een van die eerstes wat ingeroep was en hy sal Dinsdag sy plek in die NV inneem. Sy posisie is op dieselfde vlak as die van ’n minister en daarom is die verwagting dat hy as een van die Kabinetslede ingesweer sal word.

Die permanente sekretaris van Finansies, mnr. Calle Schlettwein, word ook nou na twintig jaar vir sy goeie en lojale diens beloon en kan ten minste die posisie van ’n adjunkminister beklee.

Hy was die afgelope jare die hoofrolspeler met samesprekinge tussen die Ministerie van Finansies en verteenwoordigers van die ander ministeries om die jaarlikse begroting saam te stel.

Die president van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, me. Agnes Tjongarero, was ook een van mnr. Pohamba se nominasies. Haar oorlede man, Daniël Tjongarero, was in ’n stadium die adjunkminister van Inligting en Uitsaaiwese en later die hoof van die nasionale uitsaaier.

Die adjunk permanente sekretaris van Onderwys, mnr. Stanley Simaata, sal na verwagting ook Dinsdag sy posisie as nuwe parlementslid inneem. Saam met hom is nog ’n opvoedkundige, me. Maureen Jankowski, genomineer wat tans die streekkoördineerder van Hardap vir pre-primêre onderwys is.

Dit is ’n klap in die gesig van die Dax-faksie wat tans besig is om deur ’n dissiplinêre verhoor van haar man, mnr. Theo Jankowski, ontslae wil raak.

Die President het self diep in die Suide vir sy nominasies gaan soek en me. Sophie Swartz gekry wat haar dienste in die parlement sal aanbied. Sy is tans verbonde aan die Catholic Aids Action op Karasburg.

Die ander 54 Swapo-lede in die NV sal ook vanoggend ingesweer word.

Politieke Redaksie