24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.03.2010

Só lyk die feesprogram

© Republikein
MET ’n groot, geskiedkundige fees op hande en veg- en ander vliegtuie wat reeds vir twee dae oor Windhoek dreun in oefenvlugte, is hierdie naweek vir Namibiërs en besoekers aan die land ter herdenking van 20 jaar se onafhanklikheid vermaak en erns om van te kus en keur.

Behalwe vir musiekkonserte wat tot môreaand duur, vind ’n galadinee vanaand vir baie belangrike persone by die Nasionale Teater plaas.

Môre sal die Namibiese Weermag (NDF) vanaf 09:00 tot 11:00 sy toerusting in Windhoek se Onafhanklikheidslaan ten toon stel. Die militêre parade wat sal eindig by die Ausspannplatz-sirkel, word deur ’n vlotoptog gevolg.

Vanaf 14:00 Saterdag sal besoekende staatshoofde en ander vername gaste uit die buiteland op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako begin aankom.

Môreaand vind ’n gospelkonsert in Katutura se Onafhanklikheidsarena asook ’n bokstoernooi by die Windhoek Buitekluboord plaas.

Saterdagaand bied Pres. Hifikepunye Pohamba en die Eerste Dame, me. Penehupifo Pohamba, ’n galadinee by die Safari hotel aan.

Hekke by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek open Sondag reeds om 06:30 vir die publiek. Vanaf 08:30 sal stafhoofde en genooide gaste asook diplomate en parlementslede begin aankom.

Om 09:20 sal besoekende staatshoofde hul plekke inneem, waar na ’n vlotoptog en ’n verbymars deur die weermag en polisie plaas vind.

Kort voor 10:00 sal oudpresident Sam Nujoma en me. Kovambo Nujoma die stadion binnekom, gevolg deur Pres. Pohamba en sy vrou.

Om10:00 vind ’n saluut van 21 kanonskote plaas, ’n inspeksie van die parade, ’n gebed deur biskop Nathaniel Nakwatumbah en dan die groot oomblik – die inswering van Pres. Pohamba vir sy tweede termyn, asook die inswering van die premier en adjunkpremier.

Hierop volg verbyvlugte deur die lugmag, vermaakitems, die verdaging van hooggeplaastes en feesvieringe vir die res van die dag.

Die Presidentspaar is Sondag die gashere op ’n middagete by die Buitekluboord wat slegs vir genooide gaste gereël is.

Om 16:00 Sondag pak Namibië se Brave Warriors en Botswana mekaar in ’n vertoonwedstryd in die Hage Geingob-stadion en om 20:00 word ’n vuurwerkvertoning in die Onafhanklikheidstadion aangebied.

Die staatshoof sal vroeg Maandagoggend ’n ontbyt aanbied vir gaste, waarna vername besoekers om 09:00 sal begin om Namibië te verlaat.

Nampa berig dat party streke, byvoorbeeld die Kunene, op 27 Maart op Opuwo hul eie, tweede ronde vieringe sal hou.

• Munisipale busse sal vanaf 06:00 Sondag by die volgende punte na die Onafhanklikheidstadion vertrek: Owambo-, Damara- en Hakahana-busstoppe; vyf busstoppe in die Moses Garoeb-kiesafdeling; vanaf die Mix-plakkerskamp buite Windhoek; vyf busstoppe in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling; drie busstoppe in Samora Machel; vyf in Soweto; ses busstoppe in Katutura-Sentraal; vier in Khomasdal-Noord, asook busstoppe by die Bachbrecht-poskantoor, Politegnikum, Universiteit van Namibië en die busstoppe in Hendrik Witbooi-rylaan, Shilungastraat in Cimbebacia, twee busstoppe in Kleine Kuppe, die Rocky Crest-inkoopsentrum, Suiderhof (naby Shoe Box), die Eros-poskantoor, Computerland in Onafhanklikheidsrylaan, die Hidas-sentrum in Klein-Windhoek en die busstop in Andries de Wet-straat, Avis.