Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

Rukoro gryp NV-lede

Onkunde skep wanindruk

© Republikein
Adv. Vekuii Rukoro het gister by tye driftig geraak toe hy verslaggewers in die deftige kantore van FNB se hoofkwartier in Windhoek toegespreek het.
DIE ongrondwetlike toekenning van sekere beheermagte aan die President van die Bank of Namibia (BoN) was gister een van die teregwysings aan wetgewers deur ie hoof uitvoerende beampte van die FNB-groep, adv. Vekuii Rukoro.

Wetsontwerpe ten opsigte van die bestuur van handelsbanke word op die oomblik in die Nasionale Vergadering (NV) bespreek.

Adv. Rukoro het ook ’n versoek tot die Nasionale Raad (NR) wat die hersieningsliggaam van die wetgewende gesag is, gerig om die wetsontwerpe op bankinstellings en bestuur op betalingstelsels wat na hulle verwys word, na die NV terug te verwys om dit in pas met die Grondwet van die land te bring.

Dan, sę hy, hoop hy dat die wetsopstellers ook met die bankwese sal konsulteer, iets wat hulle moes gedoen het voordat die wetsontwerpe aan die NV vir oorweging voorgelę is.

’n Bitter adv. Rukoro het sy mond gistermiddag deeglik uitgespoel oor die gees waarin die Minister van Finansies die konsepwet in die NV voorgelę het. Nie omdat hy fout vind dat beheermagte aan die goewerneur van BoN gegee gaan word nie, maar omdat sekere bepalings in die wetgewing diskriminerend van aard is en ander lynreg teen artikel 12 van die Grondwet indruis.

Laasgenoemde bepaal onder meer dat enige persoon die reg op ’n regverdige en openbare verhoor in ’n onafhanklike en bevoegde hof het. Artikels in die konsepwet gee aan die goewerneur die reg om bankamptenare wat hul skuldig mag maak aan sekere regulasies van die wet, te straf met tot N$100 000 of tronkstraf.

Adv. Rukoro het politici ook aangeval oor “gevaarlike nasionalistiese sentimente en uitsprake” binne die NV wat ’n wanindruk by die publiek oor bankgeld skep. “Ons vra ’n tarief van 1.74 persent op waarde vir kontanthanterings en deposito’s,” het hy probeer verduidelik.

As uitbuiting van die publiek ter sprake is, het hy gesę, dan lyk die 35 persent belasting wat op inkomste gehef word en die 15 persent BTW op die aankoop van goedere en dienste wat die staat verhaal, na buitengewoon.

“As die banktariewe van plaaslike banke so buitengewoon hoog is en ons die geweldige winste maak, waarom het ander buitelandse banke nog nie na Namibië gestroom om dieselfde te kom doen nie?” wou hy weet.

Volgens hom is dit juis omdat dit nie so maklik is nie en dit nie gedoen kan word sonder groot beleggings nie.

“Ons het 1 700 mense in diens en het altesaam 49 takke van FNB regoor die land gevestig. Al die takke is nie winsgewend nie, maar dis ons missie om ’n diens aan die nasie te lewer,” het hy beklemtoon.

Hy het voorts ook gewys op die feit dat 40 persent van FNB aan Namibiese beleggers behoort. Van die N$550 miljoen voorbelaste wins wat hulle maak, gaan net N$100 miljoen (18 persent) aan die hoofaandeelhouers in Suid-Afrika.Dit, sę hy, terwyl hulle aanvanklik N$2 biljoen belę het.

As die wetgewers voortgaan met die beoogde wetgewing om dit onder meer gunstiger vir buitelandse banke te maak om hier te kom vestig en spesiale uitsluitsels aan hulle gegee gaan word kragtens wetgewing waaraan plaaslike banke moet voldoen, gaan dit die ekonomie ernstige skade berokken, het hy gewaarsku. Dit is ook diskriminerend van aard en strydig met die Grondwet, het hy bygevoeg.