24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.03.2010

Ruiter terug

© Deon Eysele
PAS ses maande nadat die bekende Ruiterstandbeeld tot groot ontsteltenis van veral geskiedkundiges en sommige Duitssprekende inwoners van die land van sy staanplek tussen die Christuskirche en die Alte Feste-museum verwyder is, het die beeld Vrydag sy nuwe staanplek reg voor die Alte Feste ingeneem.

Vroeëre gerugte dat die pragmonument beskadig is en nooit weer tot sy reg sal kom nie, blyk nou onwaar te wees. Die beeld staan trots en net so mooi soos altyd op sy nuwe plek. Die voetstuk is netjies herbou tot sy oorspronklike glorie en die standbeeld sonder teken van enige skade.

Alle eer gaan aan mnr. Anthony Hearn, eienaar van die maatskappy AWH Engineering and Rigging wat aan die spits gestaan het van die projek om die Reiterdenkmal, soos dit allerweë bekend is, te skuif en weer tot sy oorspronklike vorm op te rig. Ander bydraes is ook deur Lund Consulting Engineers, EMS Contracting, Windhoek Hire and Sales, Nirosta, RopeTech en Central Welding Works gelewer.

Die geskiedkundige standbeeld is in 1912 onthul ter gedagtenis aan soldate van die Kaiserliche Schutztruppe, seesoldate en burgerlikes wat in die tydperk vanaf 1903 tot 1908 in die destydse Duitse kolonie gesneuwel het.

Die Reiterdenkmal is die werk van die Duitse beeldhouer Adolf Kürle en is per skip in 1911 na Swakopmund gestuur van waar dit per spoor na Windhoek gebring is. Die standbeeld is op 27 Januarie 1912 in Windhoek onthul. Dit is op 2 Januarie 1969 tot ’n nasionale monument verklaar.