24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.09.2009

RP se plan met landsbates

“EK is nie ‘n sosialis nie, maar as die RP wen, nasionaliseer ek.” So sê die president van die Republikeinse Party, mnr. Henk Mudge.

Volgens hom moet die land se bates staatsbesit wees en hoort dit nie in die besit van ‘n politieke party nie.

Mnr. Mudge wat ‘n vergadering op Swakopmund toegespreek het, het bygevoeg dat hy nie in ‘n koalisie belang gestel het nie omdat in sy vyf jaar in die Parlement, geen party sy visie gedeel het nie.

Hy het gesê dat ‘n alliansie slegs kan slaag as dit ‘n gesamentlike visie het. Tans heers slegs ’n stryery onder leiers. Mnr. Mudge het gesê dat hy daar is om die gemeenskap te ondersteun en dat arm mense vandag armer is as tydens die koloniale tyd.

Die rede daarvoor, volgens hom, is omdat die Swapo-leierskap net soos alle ander politici is wat net beloftes aan mense maak, maar dan “die vet van die land self eet.”

Hy sê terwyl die mense honger ly, word miljoene dollar aan staatsgeboue bestee.

Die president van die RP het ook gesê as sy party tien setels in die parlement verwerf, sal nege aan vroue gaan.

Hy sê dat hy in die vermoëns van vroue meer vertroue het en meer daaraan glo.