28.09.2009 RP-groep oor na DTA
DIE voormalige sekretaris-generaal van die Republikeinse Party (RP) se Jeugliga, mnr. Ignatius Semba, het verlede week aangekondig dat hy en die groep wat saam met hom uit die RP bedank het, by die DTA van Namibië aangesluit het.
“Ons is nou amptelik lede van die DTA en sal binnekort aan die ander lede van die party voorgestel word,” het mnr. Semba gesê.
Mnr. Semba en jeugleiers van die vyf kiesafdelings in Windhoek waar die RP aktief was, het aangevoer dat hulle uit die RP bedank het as gevolg van die feit dat hulle hulself nie meer kon vereenselwig met die party en die partyleierskap se outoritêre bestuur nie.
|