Rob-aktiviste in Windhoek byeen

VERSKEIE internasionale diereregte- aktiviste gaan vandag ?n beter toekoms vir Namibië se robbevolking probeer bepleit.
Seal Alert-SA en die International Fund for Animal Welfare (IWAF) is van die genooides wat die robkongres in Windhoek bywoon en elk tydens ?n halfuurlange voorlegging hul besware teen die omstrede jaarlikse robbeoes kan opper.
Seal Alert-SA het saam met die National Council of SPCA?s en die World Society for Protection of Animals ?n Seal Welfare Alliance gevorm.
Ander diereregte-organisasies wat uitnodigings van die Ombudsman, adv. John Walters, na die kongres aanvaar het, sluit in die DBV van Namibië, SA Seal Saving Initiative, Sea Shepherd Conservation, National Council of SPCA-SA (NSPCA), World Society for the Protection of Animals en Seals of Nam.
Namibiese insette tot die kongres sluit in die Ministerie van Omgewing en Toerisme, die Namibiese Voedsel- en Verwante Werkers Unie (Nafau) asook die Ministerie van Visserye en Mariene Hulpbronne.
Seal Alert-SA voer aan dat die robbeskermingsgroepe wat vandag se kongres bywoon, meer as 14 miljoen lede van meer as 1 000 organisasies in 50 lande verteenwoordig.
Die kongres volg luidens ?n verklaring op dié organisasie se webtuiste op ?n Seal Alert SA-versoek in Maart vanjaar aan ?n span deskundiges van maritieme reg om die wettigheid van die Namibiese robbe-oes te ondersoek.
Die wettigheid van die jaarlikse robbe-oes, die uitbuiting van die lewende natuurlike hulpbronne en die metode wat tydens die oes gebruik word, sal tydens die voorleggings deur kongreshouers bespreek word.