Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Lesers 2010


Kyk saam!

Moorddossier


Advertensie
Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

9.02.2010

Reën val wyd

© Stephanie Claassens
Swaar reën het die afgelope naweek oor Namibië uitgesak. Stephanie Claassens het dié opbou tot swaar reën Sondagmiddag by Okakarara afgeneem.

REËN het die naweek oor meeste dele van die land uitgesak, maar veral in die Noorde waar in die omgewing van Tsumeb tot 90 mm gemeet is.

Op Tsumeb het dit tydens die naweek sowat 40 mm gereën. Reënval in die omgewing het egter kol-kol voorgekom. Op ’n plaas sowat 25 km buite die dorp het tot 90 mm geval terwyl ’n ander plaas 5 km buite die dorp 25 mm reën ontvang het.

Op Grootfontein het tydens die naweek tussen 2 mm tot 5 mm geval terwyl plotte buite die dorp 4 mm ontvang het.

Volgens Agro Business Consultants op Grootfontein het dit meer tussen die Mururani-hek en die Etosha-panne gereën. Plase rondom Mangetti het tussen 9 mm en 65 mm reën ontvang.

Goeie reën was ook in die Cuvelai aangemeld. Op Onanyna is 32,6 mm gemeet, Oluno het 25,8 mm reën gehad, Ondangwa 24 mm, Oshikati 17,8 mm , Ekamba 15,2 mm , Ulupumba 12,8 mm en Tsandi 8 mm.

Reënbuie het ook Sondagnag oor die hoofstad uitgesak en volgens die weerkantoor se reënvalsyfers is 6,4 mm by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gemeet, in Windhoek 2,2 mm en in Suiderhof 1 mm.

Des Erasmus van die kuskantoor berig dat reënweer oor die binneland sedert Sondag weswaarts uitgebrei het met selfs woestyndorpe wat in die nag en vroeg gisteroggend ligte buie gehad het.

Omaruru was die dorp in die Erongo-streek waar die hoogste reënvalsyfer aangeteken is.

Swakopmunders het gisteroggend hul motorligte aangeskakel toe in reën werk toe gery is. In Swakopmund se middedorp is tot 5 mm gemeet met ligter reëntjies wat oor die woonbuurt Vineta geval het. Die reën was genoeg om van die dorp se soutstrate in ‘n pappery te omskep.

Soortgelyke toestande het op Hentiesbaai en Walvisbaai geheers. Op Hentiesbaai het dit in die nag ligweg gereën en vroeg gisteroggend was daar ‘n harder bui. In die Namib het ligte reën op Usakos en Arandis geval. Ná die oggend se reën het bedompige toestande gister op die twee dorpe geheers. Op albei die dorpe is sowat 5 mm gemeet.

Op Karibib was die buie ligter, maar het dit volgehou. Gisteroggend is 17 mm op die dorp gemeet.

Op plase wes van Omaruru is gister van 10 tot 15 mm gemeet, maar op die dorp self was die syfer 37 mm.