24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Reën val steeds wyd

© Appel de Klerk
’n Windhoeker, Appel de Klerk, was gistermiddag omstreeks drie-uur aan die westekant van die stad toe ’n swaar bui reën daar uitgesak het. Hy het dié stroom water wat langs die Westelike Verbypad, naby die afdraai na die Daan Viljoen-oord, met sy selfoon geneem en dit per MMS na Republikein gestuur. Lesers is welkom om hulle MMS-bydraes na 081 128 0489 te stuur. ’n Keur daarvan sal óf in die koerant óf op www.republikein.com.na gepubliseer word.

SWAAR reënbuie het die land onverwags getref met meer as 50 mm reën wat Sondagaand in die Noorde uitgesak het en die riviervlak by Katima Mulilo wat steeds styg.

Nog swaar neerslae word in die noordelike streke voorspel, met die sentrale binneland wat bewolkte en warm toestande te wagte kan wees.

Die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo is gister op 4,33 meter gemeet, 10 cm hoër as die vorige dag. Die verwagting is dat die rivier teen volgende week 5 meter kan bereik.

Sondagaand was ’n nat nag op baie plekke in Namibië, met meer as 50 mm reën wat op Katima Mulilo aangeteken is. Die dorp het teen die middag steeds reënbuie ontvang.

Mnr. Carl Botes, inwoner van Katima Mulilo, het Maandagoggend 52 mm reën op die dorp gemeet en gisteroggend is 13,8 mm volgens die reënverslag aangeteken. Gister het reisigers tussen Divundu en Katima heelpad in die reën gery.

Volgens die weerkantoor is 25,4 mm reën Maandagoggend op Rundu aangeteken.

Die Cuvelai-gebied het ook swaar reën ontvang, met die hoogste lesing van 32 mm wat op Ekamba gemeet is. Oshakati het 22,8 mm ontvang, met Oluno en Ulupumbu wat onderskeidelik 14 mm en 12,4 mm reën gehad het.

In Katutura is Maandagoggend 17.4 mm reën gemeet. Ander plekke wat Sondagaand reën ontvang het, sluit in Buitepos (11,3 mm), Ondangwa (9,5 mm), Keetmanshoop (8,8 mm), Otjinene (8,7 mm), Windhoek (7,4 mm), Nkurenkuru (5 mm) en Grootfontein (0,3 mm) en Oranjemund (0,2 mm).

Volgens gister se reënverslag was Katima Mulilo se 13,8 mm en Gobabis se 14,2 mm die enigste noemenswaardige syfers benewens stofnat buie elders.

Die Okavangorivier het gister aanhou sak na ’n hoogte van 5,9 m.

Francios Olivier