24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

Reën druk Zambezi se vlakke al hoër

DIE verwagting dat die Zambezirivier by die Katima Mulilo-meetstasie teen middel Maart na meer as sewe meter sal styg, blyk nie vergesog te wees nie, te oordeel aan ’n styging oor die naweek wat die riviervlak tot 6 m verhoog het. Meer as 100 mm reën het Vrydag by Katima Mulilo uitgesak en ’n gekombineerde styging van 54 cm Vrydag en Saterdag, het die Kavangorivier by die Rundu-meetstasie se vlak tot hoër as 6.3 m opgestoot.

Die Zambezirivier het gisteroggend by die Katima Mulilo-meetstasie op 5.89 m gestaan. Dit is ’n styging van 28 cm sedert Vrydag, met 8 cm daarvan wat gisteroggend aangeteken is. Die Kavangorivier het Saterdag- en gisteroggend ’n styging van onderskeidelik 25 cm en 29 cm ondervind, met ’n 6.34 m hoogte wat gisteroggend aangeteken is.

Volgens die rivierverslag duur stygings by hierdie punt steeds voort. Ondanks die feit dat ’n groter deel van Namibië geen reën vir die naweek ontvang het nie, kon inwoners van die Noorde, veral dié van Katima Mulilo, nie dieselfde sê nie. Die dorp het veral Vrydagaand strome reën ontvang met 105.6 mm wat Saterdagoggend daar aangeteken is.

Die Cuvelai-gebied in die Noorde het oor die naweek ook heelwat reën ontvang, met die hoogste neerslag van 25.2 mm wat gisteroggend op Oluno aangeteken is. Ekamba en Oshakati het onderskeidelik 20.2 mm en 15.4 mm aangeteken, terwyl Onayena, Ulupumbu en Tsandi onderskeidelik12 mm, 8.8 mm en 7.4 mm reën Saterdag ontvang het.

Volgens die rivierverslag is reënweer besig om oor die Cuvelai-gebied op te bou. Rundu en Ondangwa is twee van die min dorpe in Namibië wat reën oor die naweek ontvang het. Vrydag en Saterdag is tussen 10 mm en 12 mm reën ontvang, met neerslae van 11 mm by Rundu en 11.5 mm by Ondangwa wat gisteroggend aangeteken is.

Francios Olivier