Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

15.03.2010

Rehoboth slyp tande vir landspolitiek

MET die aansoek om registrasie as politieke party wat die Rehoboth Democratic Movement (Reho DM) Vrydag by die Verkiesingskommissie (ECN) ingehandig het, wil die beweging volgens sy voorsitter, mnr. Jan van Wyk, die weg baan vir deelname aan November vanjaar se landwye verkiesings vir streek- en plaaslike owerhede.

Hy het benadruk dat Reho DM geen etnies gebaseerde organisasie is nie en ook nie net kandidate wil stel in die hoofsetel van die toenmalige Basterland nie.

Volgens mnr. Van Wyk het die ECN gesê hulle sal die aansoek oorweeg wanneer die kommissie binne die volgende twee weke sy gewone staande vergadering het. Hy reken daar behoort ’n finale antwoord te wees binne sowat twee maande.

Mnr. Van Wyk sê die nominasielys bevat 585 name, van wie 519 persone al die nodige besonderhede verstrek het. “Ons het baie meer ondersteuners,” het hy egter bygevoeg.

Volgens mnr. Van Wyk voldoen Reho DM honderd persent aan die wetseise wat onder meer ras en geslag as mobiliseringsplatforms verbied. Midde die nuwe saamstaangevoel op Rehoboth, wat mense oor politieke en kulturele grense heen vir verbetering saamsnoer, sal die party volgens hom ’n heenkome bied vir “geel, wit, blou en rooi – maak nie saak wat jy is nie.”

Mnr. Van Wyk dink nie die ECN sal die aansoek sommer kan uitgooi omdat die party se naam darem te veel soos die Rally for Democracy and Progress (RDP) s’n klink nie. Volgens hom is daar juis besluit op Reho DM as kortnaam eerder as RDM, omdat baie mense in November verlede jaar uit verwarring vir die RDP gaan stem het.

Die gegewe verklaar volgens mnr. Van Wyk hoekom die nuwe amptelike opposisie laasjaar so goed op Rehoboth gevaar het.

In die verkiesing vir lede van die Nasionale Vergadering het die RDP gesamentlik in die kiesafdelings vir Rehoboth Landelik, Stedelik-Oos en Stedelik-Wes 2 629 stemme getrek teenoor Swapo se 4 012. Die RDP het in Rehoboth Stedelik-Wes gewen met meer as 300 stemme. Die DTA was met ’n totaal van 1 487 stemme die derde grootste mag in die geweste.

Oor kommer in veral die regerende party oor die voortgesette opskiet van klein opposisiepartye in die land, het mnr. Van Wyk aangevoer dat Swapo aan die begin maar ook ’n klein, etniese organisasie was. “Jy moet iewers begin,” het hy gesê.