Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Lesers 2010


Kyk saam!

Moorddossier


Advertensie
Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

23.06.2009

Rehoboth se e-boewe maak ’n porno-reeks

IN die voetspore van ’n weersinwekkende video oor ’n geskorste graad 12-meisie van Rehoboth is nog twee nuwe, smerige video’s van die orgie oor borrelende dwelmpype vrygestel.

Skokkende opvolgepisodes van ‘n video oor ‘n seksorgie waarby ‘n bedwelmde meisie van die Hoërskool M&K Gertze die hoofakteur was, is sedert die naweek via Rehoboth op selfone te sien.

Dit volg op die eerste opname wat sowat twee weke gelede op die internet beland het en die Rehoboth-gemeenskap tot in sy fondamente geskud het. Republikein het die naweek eerstehands verneem dat die eerste opname van die orgie intussen as “Season One” onder leerlinge en jongmense van die gemeenskap gedoop is. Die opvolge word genoem “Season Two“ en “Season Three,” met ‘n belofte dat “Season Four” glo op pad is.

‘n Intensiewe ondersoek deur die polisie en die spesiale eenheid teen die mishandeling van vroue en kinders het glo reeds kosbare inligting ingewin met ‘n huis wat geïdentifiseer is waar van die sogenaamde opvolgepisodes van die blatante uitbuiting van ‘n bedwelmde en dronk skoolkind aanmekaar gelas is.

Alle aanduidinge is dat die twee opvolgvideos selfs erger en meer eksplisiet as die eerste skokkende video is. Die vrystelling van hierdie nuwe video-opnames geskied teen die agtergrond waar ‘n ganse Rehoboth-gemeenskap se bekommerde ouers, gemeenskapsleiers en kerkvaders en -moeders tyd op hul knieë deurbring in die hoop dat die addernes van drank en dwelms oopgekrap sal word.

Betroubare inligting dui daarop dat minstens twee drinkplekke op die dorp die teelaarde vir hierdie soort van gruwelike video’s is. Die beskuldiging word gemaak dat minderjarige kinders by hierdie plekke toegelaat word en daar aan die euwels van die onderwêreld van drank en dwelms onderwerp word.

Die koerant het betroubaar ook verneem dat die videoskandaal sy oorsprong in Blok-D van Rehoboth het en dit is ‘n uitgemaakte saak dat ander leerlinge van ander hoërskole ook betrokke was by die opneem van die video, iets wat nie deur die gemeenslap verteer kan word nie.

Teen gistermiddag was dit duidelik dat die Rehoboth-gemeenskap laer getrek het om die vernietigende en verwoestende uitwerking van drank en harde dwelms in sy spore te stuit.

Republikein hoor ook by bronne dat kokaïen glo nou die gewildste dwelm op die dorp is en dit glo by borrelpype (“hubbly bubbly”) met aromatiese tabak gestop word om alle reuke te verwyder.

Intussen is ‘n wanhopige gemeenskap vasberade dat hierdie euwel so vinnig as moontlik uit die dorp verwyder word.