Taal:
1. Die amptelike taal van Namibië is Engels.
2. Geen bepaling van hierdie Grondwet belet die gebruik van enige ander taal as medium van onderrig in private skole of in skole wat deur die staat gefinansier of gesubsidieer word nie, behoudens voldoening aan sodanige vereistes as wat volgens wet opgelê kan word ter bevordering van die vaardigheid in die amptelike taal, of om opvoedkundige redes.
3. Geen bepaling in Subartikel (1) hiervan moet wetgewing van die Parlement uitsluit wat die gebruik van ’n ander taal as Engels vir wetgewende, administratiewe of geregtelike doeleindes in streke of gebiede waar sodanige ander taal of tale deur ’n aansienlike deel van die bevolking gepraat word, toelaat nie.