Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Tierheim Practice Show


Motor 11 Julie

Land van kontraste


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.06.08

Noodlanding loop skeef buite Swakop

16.06.08

Rooikruisvrou uit Ethiopië gegooi

23.06.08

Moord op Walvis

10.06.08

‘Ontvoerde’ ma aangekla

06.06.08

Nog ’n aanslag op Ooste-boere

16.05.2008

Regspraktisyns kies beheerraad

© Verskaf
Die nuwe ver­trou­likheidsfonds-be­heer­raad wat deur die Prokureursorde van Namibië aangestel is. Voor verskyn mnr. Claus Hinrichsen en adv. Essie Schimming-Chase. Agter staan mnre. Habo Gerdes, adv. Vekuii Rukoro en Charles Bodenstein.
DIE raad van die Prokureursorde van Namibië het onlangs ‘n ver­trou­likheidsfonds-beheerraad (Fidelity Fund Control Board) aangestel. Die raad wat in terme van Artikel 56 van die Wet op Regspraktisyns, Wet 15 van 1995, aangewys is, bestaan uit mnr.

Claus Hinrichsen, adv. Essie Schimming-Chase (ad­junkpresident van die Pro­ku­reur­sorde), mnr. Habo Gerdes, adv. Vekuii Rukoro en die pre­sident van die Prokureursorde, mnr. Charles Boden­stein.

Die doel van die vertroulikheids­fonds is om mense wat finansiële skade gely het as gevolg van diefstal of verlies van goedere wat aan ‘n prokureur in die loop van sy praktyk toevertrou is of waar sodanige pro­kureur as eksekuteur van ‘n boedel opgetree het, te vergoed.

Die Prokureursorde van Namibië onder wie die vertroulikheidsfonds ressorteer, speel ‘n belangrike rol om geld wat aan regspraktisyns in private praktyk toevertrou is, te beskerm.