GESTREMDE persone, veral blindes, kry nie altyd ’n gelyke kans nie. Dit is die mening van die blinde advokaat, mnr. Willem Bekker, veral ten opsigte van aanstellings. Hy het spesifiek verwys na nog ’n blinde regs - geleerde, adv. Lynita Con ra die (foto), wat vir die tweede keer nie die direkteurspos van die Regshulpsentrum (LAC) gekry het nie.
“Mense weet dikwels nie wat blindes kan en nie kan doen nie. Mense het dikwels nie ’n oop gemoed oor die bekwaamheid van gestremdes, veral blindes nie,” sê adv. Bekker.
“’n Blinde persoon ervaar en voel altyd onderhewig aan vooroordele, maar dit is baie keer moeilik, veral as onregverdige besluite geneem word.” Me. Toni Hancox het op 1 Maart as die nuwe direkteur van die LAC begin nadat mnr. Norman Tjombe einde Februarie as direkteur uitgetree het. “Ek voel adv. Conradie is vir ’n tweede keer vir die direkteurspos oorgesien en dat teen haar gediskrimineer word op grond van haar gestremdheid,” sê adv. Bekker.
Hy sê voorts dat adv. Conradie langer on - dervinding as me. Hancox het. “Ek ken nie vir me. Hancox nie en dit gaan nie daaroor dat sy bo adv. Conradie verkies is nie. Ek is ontsteld oor die feit dat adv. Conradie al twee keer vir die spesifieke pos oor die hoof gesien is.” Sy het die vorige keer ook vir die direkteurspos van LAC aansoek gedoen, maar mnr. Norman Tjombe het die pos gekry.
Wat vir adv. Bekker van kardinale belang was, is dat adv. Conradie beide kere aan - soek gedoen het en dat die pos ná haar aansoek heradverteer is. “Ek vermoed dat die LAC haar in beginsel nie wou aanstel nie.” Adv. Conradie het in 2003 vir die eerste keer om die direkteurspos van die LAC aansoek gedoen nadat die pos geadverteer is. Die sluitingsdatum was einde Maart. Die pos is weer geadverteer met ’n nuwe sper - datum einde Junie.
’n Kortlys is saamgestel met adv. Conradie se naam afwesig op die kortlys. Die pos is opnuut geadverteer en sy is wel vir ’n onderhoud genooi. Mnr. Tjom - be is toe vanaf einde Julie 2004 as direkteur aangestel. Na mnr. Tjombe se aankondiging van sy voorneme om as direkteur uit te tree, is die direkteurspos weer geadverteer met die sperdatum 23 September 2009.
Die voorneme was om ’n nuwe direkteur aan te stel wat op 1 Januarie 2010 diens sou aanvaar. Teen die sluitingsdatum is net twee aansoeke ingedien en die slui - tingsdatum is na 15 Oktober verskuif. Op 3 November 2009 het die trustees van LAC be - sluit om weer te adverteer omdat daar volgens hulle nie genoeg aansoeke was nie.
Die pos is weer geadverteer met die sperdatum in Desember 2009. Onderhoude is op 4 Februarie vanjaar gevoer. ’n Onderhoud is met adv. Conradie gevoer en sy was op die kortlys van vyf mense. Me. Hancox, wat sedert 2000 ’n regsgeleerde by die LAC is, het die pos gekry.
“Dit is ’n geregverdigde be - sluit om iemand aan te stel, maar wat vir my ontstellend is, is dat adv. Conradie in beide gevalle oor die hoof gesien is,” sê adv. Bekker. “As sy die saak van diskriminasie teen haar na die Arbeidshof geneem het, sou sy geen probleem gehad het om haar saak te bewys nie. Die LAC sou moes aandui dat sy onbekwaam was.”
Hy sê daar is ’n verskil om ’n blinde persoon in ’n lae tegnie - se pos aan te stel, of in ’n senior bestuurspos waar die bestuur van mense en delegasie van bevoegdhede van belang is. “Adv. Conradie be - skik oor al hierdie bestuursvaardighede.” Sy is ook ’n predikant van die Wesley Metodistekerk in Khomasdal en is verlede jaar tot voorsitter van die raad van die Bybelgenootskap in Namibië verkies.