25.09.2009 Registreer om te kan kies
 Die TransNamib-saal in die Windhoek-Ooskiesafdeling was gister nie baie bedrywig nie.
DIE registrasie van kiesers vir die nasionale en Presidentsverkiesings verloop nou vlot en die Verkiesingsdirekteur, mnr. Moses Ndjarakana, doen ’n beroep op die publiek om die Verkiesingskommissie se kantoor in Windhoek te kontak indien enige pro bleme ondervind word.
Die openingstye van die registrasiepunte, insluitende die 115 bykomende mobiele punte wat vanaf vandag in werking gestel is, sal elke dag twee ure langer oop wees. Die registrasiepunte sluit dus elke dag tot 30 September om 21:00.
Voornemende kiesers moet geregistreer wees om hul stemme op kiesdag uit te kan bring.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|