24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

18.09.2009

Registrasiehaakplekke landwyd

© Steven Beresford
Die verkiesingsregistrasiepunt by Swakopmund se stadsaal. Twee beamptes en ‘n polisievrou geniet die sonnetjie voor die leë lokaal. Inwoners is weggewys nadat vasgestel is dat die toestelle wat foto’s op die registrasiekaarte moet druk, nie werk nie.

Die registrasieproses met die oog op die naderende verkiesings het op Swakopmund op dag een reeds in ‘n fiasko ontaard.

Inwoners het by sommige registrasiepunte voor dooiemansdeur te staan gekom en by ander is hulle weggewys. By Hoërskool Namib High was nie ‘n registrasiebeampte in sig nie.

Die polisie wat wel opgedaag het om vas te stel wat aan die gang is, het gesê dat hulle self verbaas is dat niks gebeur nie. Geen plakkate was sigbaar om aan te dui dat dit ‘n registrasiepunt is nie.

By Swakopmund se munisipaliteit het die proses aanvanklik goed begin, maar tot ‘n skielike stilstand gekom toe die beamptes besef dat die toestelle wat die foto’s op die registrasiekaarte moet druk, nie werk nie.

Volgens een van die beamptes is die probleem ’n landwye een en geen aanduiding kon gegee word hoe en wanneer die probleem opgelos sal word nie. Dit kom voor asof die toestelle nie voor die registrasieproses getoets was nie.

Dieselfde probleme is landwyd ervaar, maar by sekere registrasiepunte kon voornemende kiesers wel geregistreer het.

Die registrasieproses behoort teen vanmiddag landwyd te normaliseer.