24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

15.09.2009

Registrasiebeamptes word opgelei

© Placido Hilukilwa
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se toesighouers vir alle kiesafdelings in die Oshana-, Omusati-, Ohangwena- en Oshikoto-streek is vanaf 5 tot 9 September opgelei om hulle in staat te stel om hul verantwoordelikhede met die nodige kundigheid en bekwaamheid te kan uitvoer. Die opleiding het by die Lutherse sentrum op Oniipa in die Oshikoto-streek plaasgevind. Die groep saam met hul instrukteurs en senior ECN-beamptes is kort voor die sluitingseremonie afgeneem.

STREEKGOEWERNEUR Clemens Kashuupulwa van Oshana het die Verkiesingskommissie se registrasiebeamptes in die streek versoek om as ‘n span saam te werk om te verseker dat alle potensiële kiesers in die streek geregistreer word.

Hy het ‘n vyfdae opleidingskursus vir 427 beamptes op Oshakati amptelik geopen.

“Dinge mag maklik lyk, maar dit is ingewikkeld, daarom die behoefte om te konsentreer en die nodige kundigheid op te doen om die werk suksesvol af te handel. Julle sal verskillende mense van verskillende agtergronde en verskillende politieke oortuigings ontmoet.
© Placido Hilukilwa
Me. Ndilimeke Mavulu (regs), die ECN se koördineerder in die Oshana-streek,en haar adjunk, mnr. Julius Shongolo (links).
“Hulle sal kla en julle moet aandagtig luister en moet vriendelik wees teenoor almal. Julle gaan die nasie, die belastingbetalers van hierdie land, dien. Die mense verwag waarde vir hul geld,” het hy gesê.

Mnr. Kashuupulwa het die ECN-beamptes teen onnodige stryery met potensiële kiesers gewaarsku.

“Die sukses van hierdie proses hang van julle af en ek is tevrede julle gaan die werk doen. Moenie foute maak deur sommige potensiële kiesers weg te laat of om ongekwalifiseerdes te registreer nie,” het hy gesê.

Mnr. Kashuupulwa het ‘n spesiale versoek tot werkgewers gerig om hul werkers toe te laat om as kiesers te gaan registreer.

Die aanvullende registrasie van kiesers duur vanaf 17 tot 30 September.