24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.05.2009

RDP wil verandering bring

© Placido Hilukilwa
’n Optog deur Helao Nafidi se strate voordat die vergadering omstreeks 14:00 in die Ohangwena-gedeelte van die dorp begin het.

DIE Rally for Democracy and Progress (RDP) het Saterdag sy grootste massavergadering nóg op Helao Nafidi in die Ohangwena-streek gehou, een dag nadat President Hifikepunye Pohamba ’n Werkersdagvergadering in dieselfde deel van die dorp toegespreek het. “Ons is hier om die Swapo-spore weg te vee,” het die gewese Nantupresident, me. Ndapewa Nghipandulwa, wat medevoorsitter van die RDP-vergadering was, gesê. Die RDP-president, mnr. Hidipo Hamutenya, wat as hoofspreker die party se verkiesingsmanifes uiteengesit het, het die skare bestempel as ’n “see van mense” wat na die boodskap van hoop kom luister het. “Ons is hier om die hoop van Namibiërs te laat herleef,” het hy gesê.
© Placido Hilukilwa
Afskrifte van die RDP se verkiesingsmanifes is onder die skare uitgedeel.
Mnr. Hamutenya het die RDP se verkiesingsmanifes as ’n manifes van hoop bestempel. “In hierdie manifes maak ons beloftes vir u en u kinders. Oordeel ons volgens die beloftes wat ons hierin maak, maar die enigste manier om te verseker dat ons ons beloftes nakom, is om ons aan die bewind te plaas. Gee ons die mag en u sal van volgende jaar af die verskil sien,” het hy gesê. Volgens mnr. Hamutenya is sommige mense bang vir verandering. “Vooruitgang is slegs moontlik wanneer daar verandering is,” het hy gesê. “Die RDP vra u om hierdie land te red.

Mnr. Hidipo Hamutenya word by die vergaderplek verwelkom.
Om weg te doen met werkloosheid en armoede.” Die RDP se sekretaris vir inligting en mobilisasie, mnr. Jeremia Nambinga, het in sy toespraak gesê: “Swapo is bang vir ons omrede ons die waarheid praat.” Volgens hom mag daar mense wees wat moeg is omdat RDPleiers voortdurend oor Swapo praat.

’n Dansgroep van Omusati tree op tydens Saterdag se vergadering op Helao Nafidi.
“Ons praat oor Swapo, want dit was die party vir wie ons opgebou het om die land te bevry. Ons het geveg om ’n Regering aan die bewind te plaas wat vir die inwoners se lot omgee. Maar al wat ons nou sien, is selfverryking, korrupsie, vernietiging van die gesondheiddienste en gebrek aan klaskamers vir ons kinders. ’n Swaporegering het N$600 miljoen om ’n nuwe presidensiële straler te koop en N$42 miljoen vir die oprigting van ’n kantoor vir ’n afgetrede politikus, maar hulle het nie geld vir skoolboeke nie. “Swapo is sy koers kwyt. Namibiërs benodig verandering, en verandering sal kom,” het hy gesê. Mnr. Timoteus Shikongo, die RDP se hoof in die Ohangwenastreek, het gesê RDP-takke in die streek het die afgelope weke van 49 tot 54 vermeerder. “Ons werk dag en nag en mense sluit daagliks by die party aan.
© Placido Hilukilwa
Duisende mense het die vergadering van die RDP op Helao Nafidi bygewoon. Hier is 'n deel van die skare.
Die mense is moeg vir intimidasie en beledigings deur Swapo-leiers. Die mense weet nou dat net die RDP hulle van die huidige maatskaplike euwel sal bevry.” Volgens hom het plaaslike Swapo- leiers alles moontlik gedoen om te keer dat die RDP-vergadering Saterdag in Helao Nafidi plaasvind, maar die polisie het goedkeuring verleen. “Hulle sal ons altyd uitlok, maar ons moenie in hul strik val nie. Ons glo nie in masjiengewere en bazookas nie. Ons sal die grootste wapen tot ons beskiking – die stembrief – gebruik om Swapo te verwyder,” het hy gesê.

Placido Hilukilwa in Helao Nafidi