24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.09.2009

RDP se partylys ‘verteenwoordigend’

© Francois Poolman
Die president van die RDP, mnr. Hidipo Hamutenya, omring deur entoesiastiese partyondersteuners wat kom luister het na die bekendmaking van die partylys vir die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering.

DIE Rally for Democracy and Progress (RDP) het Sondag ná afloop van ’n geslaagde kieskollege sy partylys vir die komende verkiesing vir lede van die Nasionale Vergadering bekendgemaak.

Mnr. Hidipo Hamutenya
Altesaam 312 afgevaardigdes uit al 13 streke van die land het aan die kieskollege deelgeneem en die 72 lede vir die partylys verkies.

Volgens die president van die RDP, mnr. Hidipo Hamutenya, was die proses “demokraties, inklusief, deursigtig en vreedsaam”.

“Ons is tevrede met die uitslag van die vergadering van die kieskollege. Wat etnisiteit, geslag, geslagte en kapasiteit betref, het die RDP se kandidatelys ’n uiteenlopende en verteenwoordigende groep van ons nasie saamgebring. Met hierdie gedugte span sien ons met optimisme uit na die komende verkiesings.

Mnr. Gerson Mutendere
“Ons is daartoe verbind om ’n lewenskragtige, vreedsame en opvoedkundige veldtog te voer. Beledigings en persoonlike aanvalle sal nie deel van ons veldtog wees nie. Ons is vasbeslote om die politiek van intimidasie te verslaan en die politiek van vrees te verwerp.

"Ons wil diegene wat die RDP as ’n Oukwanyama-party uitgemaak het, laat skaam kry. Ons bly bewus van die gevare van etnies gesentreerde politiek en vermy dus daardie slaggat.

“Ons is bekommerd oor die kullery met verkiesings en verkiesingsbedrog. Die gebrek aan ’n gelyke speelveld is reeds ’n teken van pogings om ons demokratiese proses te ontspoor.

Mnr. Steve Bezuidenhout
“Ons het die gevaar van verkiesingsbedrog in ander Afrika-lande in onlangse tye gesien. Ons kan nie die lesse van Kenia en Zimbabwe vergeet nie,” het mnr. Hamutenya gesê.

Hy het ’n beroep op die media, menseregte-organisasies, die kerke en elke burger van die land gedoen om die politiek van geweld en enige poging om verkiesingsbedrog te pleeg, te verwerp en voorvalle hiervan aan die lig te bring.

Mnr. Hamutenya het agt mense tot die lys genomineer.

Mnr. Heiko Lucks
Hulle is: mnre. Mike Kavekotora, Nic Kruger, Gerson Mutendere (die sekretaris-generaal van die Federasie van Namibiërs met Gestremdhede), Elikan Nghimwene, Moses Amukoto, Ismael Shailemo asook mee. Judy Meleki en Priscilla Kambode.

Altesaam 23 van die kandidate op die lys is vroue.

Mnr. Hamutenya, wat ook die presidentskandidaat van die party is, is nommer een op die lys, mnr. Steve Bezuidenhout is nommer twee, mnr. Jesaya Nyamu is nommer drie en me. Agnes Limbo nommer vier. Hulle is outomaties op die lys. Mnr. Anton van Wietersheim het die meeste stemme op die kieskollege gekry en is nommer vyf op die lys.
Die volledige lys van die RDP is:
 
1. Mnr. Hidipo Hamutenya
2. Mnr. Steve Bezuidenhout
3. Mnr. Jesaya Nyamu
4. Me. Agnes Limbo
5. Mnr. Anton van Wietersheim
6. Mnr. Kandy Nehova
7. Mnr. Peter Naholo
8. Mnr. Heiko Lucks
9. Mnr. Rudolph Kamburona
10. Me. Lorraine Weyers
11. Me. Michaela Hübschle
12. Mnr. Nicanor Ndjoze
13. Mnr. Sam Hamunyela
14. Mnr. Jeremia Nambinga
15. Me. Ndapewa Nghipandulwa
16. Mnr. Mike Kavekotora
17. Mnr. Nic Kruger
18. Mnr. Martin Heita
19. Dr. Beatrice Sandelowski
20. Mnr. Hans Haraseb
21. Mnr. Libolly Haufiku
22. Mnr. Gerson Mutendere
23. Mnr. Elikan Nghimwene
24. Mnr. “Kaptein” Erasmus Hendjala
25. Mnr. Kennedy Shekupakela
26. Me. Mirjam Hamutenya
27. Mnr. Sibuku Malumbano
28. Mnr. Francis Basson
29. Me. Helena Nengola
30. Mnr. Sackey Amenya
31. Mnr. Timo Shikongo
32. Mnr. Moses Amukoto
33. Me. Judy Meleki
34. Mnr. Phillemon Kanine
35. Mnr. Ismael Shailemo
36. Mnr. Lepaka Weyulu
37. Mnr. Cornelius Mbangula
38. Me. Priscilla Kambonde
39. Mnr. Ignatius Murorua
40. Mnr. Kavemunu Veii
41. Mnr. Hans Mostert
42. Mnr. Asser Sheuyange
43. Me. Martha Shikalakuti-Immanuel
44. Me. Brunhilde Cornelius
45. Me. Dineinge Sheya
46. Me. Olga Kamuroua
47. Mnr. Kamunyengo Shilongo
48. Mnr. Andreas Basson
49. Mnr. Magnus Nangombe
50. Mnr. Tomas Ndiwakalunga
51. Mnr. Edward Hindjou
52. Amb. Shapua Kaukungua
53. Mnr. Hafeni Nghinamwaami
54. Mnr. Louis Diergaardt
55. Mnr. John Lilemba
56. Mnr. Maleachi Iilonga
57. Me. Penny Ndaitwah
58. Me. Regina Shilongo
59. Me. Christophine Kitto Paulus
60. Me. Vicky Kaapona
61. Mnr. Penda “Guava” Nangolo
62. Mnr. Kaffer Trougoth
63. Me. Johanna Dillu
64. Mnr. Nathan Kapofi
65. Mnr. Festus Naholo
66. Me. Ellen Musialela
67. Me. Claudia Namises
68. Mnr. Nghiningiluandubo Kashume
69. Mnr. Petrus Plaatjies
70. Mnr. Salomo Natangwe
71. Me. Martha Hamalwa
72. Me. Canner Kalimba