Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Lesers 2010


Kyk saam!

Moorddossier


Advertensie
Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

24.09.2009

Radiografiste het belangrike taak


Die afgetrede radiografis wat baanbrekerswerk in Namibië gedoen het, me. Lynn van Dyk, is tydens Nasionale Radiografieweek vereer. Die hoof uitvoerende beampte van die Kankervereniging, me. Reinette Koegelenberg, het namens me. Van Dyk haar toekenning van mnr. Nico Viljoen van Biodynamics ontvang.

VANDEESWEEK word Nasionale Radiografieweek vir die eerste keer in Namibië gevier met die doel om die publiek in te lig oor die voordele en gevare van radiologie. Die tema is “Basiese Radiologie-feit: Radiologie is bruikbaar vir ons gesondheid en daaglikse lewe, maar gevaarlik wanneer dit misbruik word”.

Radiografie speel ’n belangrike rol in gesondheidsdienste, veral om dokters te help om ’n verskeidenheid gesondheidstoestande te diagnoseer. Dit word ook vir kankerbehandeling gebruik, het die Adjunkminister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, me. Petrina Haingura, by die amptelike opening van Nasionale Radiografieweek gesê. “In Namibië is radiologie die mees algemene opsie vir kankerbehandeling.”

Sy het ook alle radiografiste en assistent-radiografiste geloof vir hul toewyding en dienslewering. Sy het veral terapie-radiografiste uitgesonder wat nie net behandeling aan kankerpasiënte gee nie, maar ook deel word van die pasiënte se ondersteuningsgroep tydens hul behandelingstydperk wat vanaf hul oorspronklike behandeling tot sowat vyf jaar kan strek.

Me. Haingura het ook voornemende studente aangemoedig om ’n graad in diagnostiese radiografie aan die Universiteit van Namibië te studeer. Verskillende tegnikons in Suid-Afrika bied ook kwalifikasies in kerngeneeskunde, sonografie, radiografie en kardiografie aan.

Die afgetrede radiografis me. Lynn van Dyk, het ’n spesiale toekenning ontvang vir haar baanbrekersrol in radiografie in Namibië. Die hoof uitvoerende beampte van die Kankervereniging, me. Reinette Koegelenberg, het die toekenning namens me. Van Dyk ontvang en radiografiste vir hul dienslewering en kankerbehandeling by die AB Maykankersentrum geprys.

Die Adjunkminister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, me. Petrina Haingura (links), en die hoof uitvoerende beampte van die Kankervereniging, me. Reinette Koegelenberg tydens die amptelike opening van Nasionale Radiografieweek.
Die besigste radiografie-afdeling in die land is Katutura Intermediêre hospitaal wat sowat 40 000 pasiënte per jaar ontvang, gevolg deur Oshakati Intermediêre hospitaal en Rundu Intermediêre hospitaal. Gobabis-distrikhospitaal het die beste algehele indruk gemaak met Outapi-distrikhospitaal in die tweede plek en Nynagana- sendinghospitaal in die derde plek.

Mariental-distrikhospitaal is die mees doeltreffende departement in die Hardapstreek. Lüderitz-distrikhospitaal het die beste vordering in die Karas-streek getoon met Opuwa-distrikhospitaal in die Kunene- streek en Grootfontein-distrikhospitaal in die Otjozondjupastreek. In die Kavango-streek is mnr. Hausiko Leonard aangewys as die mees toegewyde personeellid.

Engela-distrikhospitaal het die mees betroubare X-straal-departement in die Ohangwena-streek. Outapi-distrikhospitaal het die toekenning ontvang het vir die mees georganiseerde departement in die Omusati-streek. Dieselfde eer het die Gobabis-distrikhospitaal in die Omaheke-streek te beurt geval.

Vanaf volgende jaar sal Nasionale Radiografieweek verskuif word om saam te val met die geskiedkundige datum 8 November 1895, toe Wilhelm Conrad Röntgen van Wurzburg, Duits- land, X-strale ontdek het. Röntgen was ook die eerste ontvanger van die Nobelprys vir Fisika.