Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

10.03.2010

Raadsvete lei tot Swapo-twis

’n VETE tussen ’n Swapo-raadslid, me. Sofia Jacobs, en die hoof uitvoerende beampte van die Aranos-dorpsraad, mnr. Niklaas Goraseb, het ’n verrassende nadraai gehad met die raadslid se man wat toe aan die kortste end trek.

Me. Jacobs het skriftelik vir die Minister van Streek- en Plaaslike Owerhede, Behuising en Landelike Ontwikkeling, mnr. Jerry Ekandjo, van haar probleme met die hoof uitvoerende beampte ingelig.

Daarenteen het mnr. Goraseb met prokureursbriewe gedreig om ’n lasteraksie teen die raadslid aanhangig te maak. Sy het blykbaar beweer dat mnr. Goraseb ’n ooreenkoms ten opsigte van ’n salarisverhoging vir amptenare met die vakbond sonder ministeriële goedkeuring onderteken het.

Om nog verder vet in die vuur te gooi het die raadslid die Ministerie versoek om ondersoek in te stel na beweerde tender-ongerymdhede asook beweerde ongerymdhede van kapitale projekte en die Saambou- fonds.

Dit was reeds die Saambouprojek wat die probleem vir haar man, mnr. Jan Jacobs, en ’n verleentheid vir die raadslid geword het. Hy was met ruite vir die projek gevang en het verlede Vrydag op Mariental in die hof verskyn en het N$300 boete betaal.

Die voorsitter van die dorpsraad, mnr. Jan Jarson, het bevestig dat mnr. Jacobs met salaris geskors is en dat die raad nou ’n dissiplinêre verhoor gaan hou om sy toekoms by die werk te bepaal.

Voorts sê hy moet vasgestel word hoe die optrede van mnr. Jacobs sy vrou se posisie as Swaporaadslid by Aranos sal beïnvloed.

“Ons moet nog die kwessie met die goewerneur van die Hardapstreek, me. Katrina Hanse-Himarwa, opneem. Daarna sal die party ’n besluit moet neem,” het mnr. Jarson gesê.

Intussen het mnr. Jacobs die polisie na die huis van die hoof uitvoerende beampte geneem en volgens hom is drie asbespype wat vir watertoevoer gebruik word by sy huis gevind. Die drie pype is glo na die polisiekantoor geneem.

Mnr. Jarson sê sover sy kennis strek weet hy net van ou waterpype wat weens te veel lekkasies nie meer deur die raad gebruik word nie wat glo by mnr. Goraseb se huis was.

“Ek weet nie of dit darem ’n saak vir die polisie is nie,” het mnr. Jarson gesê.

Vroeër het me. Jacobs die voorsitter beskuldig van die onwettige verlenging van die kontrak van mnr. Goraseb omdat geen ander raadslid saam met hom die kontrak onderteken het nie. Mnr. Goraseb se termyn sou 30 Junie verlede jaar verstryk het.