30.08.2010 President vereer helde
 Eerste Minister Nahas Angula is as hoofbevelvoerder van die Most Brilliant Order of the Sun, Eerste Klas, deur President Hifikepunye Pohamba vereer.
Tydens die Heldedag-viering op Lüderitz het President Hifikepunye Pohamba erkenning gegee aan verskeie individue wat ‘n bydrae gelewer het tot die stryd vir nasionale bevryding en die ontwikkeling van die land.
Die medaljes is aan 69 helde oorhandig wat ‘n bydrae gemaak het tot Namibië se bevryding wat onder meer rigtings soos politiek, militêr, diplomatiek, sosiale ekonomie, onderwys, media en ontwikkeling ingesluit het.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|