24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.02.2010

President moet self antwoord, sê RDP

© Republikein
Mnr. Jeremia Nambinga
PRESIDENT Hifikepunye Pohamba is in sy persoonlike hoedanigheid deur die Rally for Democracy and Progress (RDP) versoek om antwoorde te verstrek op die vermiste miljoene dollar wat by die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SCC) en die Namibiese Ontwikkelingskommissie (NDC) verdwyn het.

Die Skerpioene, die ontbinde Suid-Afrikaanse spesiale ondersoekeenheid, weet volgens ’n artikel in ’n weekblad presies waar die geld op die oomblik is en wie die rolspelers in die debakel is. Die RDP glo dus, na aanleiding van die goeie verhouding tussen Suid- Afrika en Namibië, dat President Pohamba ook in besit van die inligting is.

Die RDP lê klem daarop dat, as gevolg van President Pohamba se geheimhouding in die verband, die afleiding is dat senior regeringsbeamptes die geld in hul sakke gesteek het.

“President Pohamba moet weet dat hy die nasie verraai het. Hy het belowe toe hy die bewind oorgeneem het om korrupsie uit te roei, maar instede daarvan floreer korrupsie onder sy beheer. As die President nie die moed van sy oortuigings het nie, moet hy regkom of die stoel verlaat,” het die sekretaris vir Inligting en Publisiteit van die RDP, mnr. Jeremia Nambinga, gesê.

Mnr. Nambinga het gister op ’n mediakonferensie, spesiaal gereël op grond van die artikel in Namibia Economist, ’n versoek tot President Pohamba gerig om antwoorde te verstrek op die vermiste N$100 miljoen by die NDC en die N$30 miljoen by die SSC.

Hy meen die artikel van mnr. Daniel Steinmann, redakteur van die Namibia Economist, waarin hy die Skerpioene se kennis blootlê, is ’n duidelike demonstrasie dat die Regering “besluit het om dit in eiebelang onder die mat te hou”.

“Ons in die RDP is op rekord omdat ons aanhoudend die Swapoparty se leierskap veroordeel en sy regering as korrup ag. Die hoofdoel hoekom hulle aan die mag vasklou, is niks anders as om hulself te verryk nie,” het mnr. Nambinga gesê.

Hy meen met die uitmuntende verhouding tussen Suid-Afrika en Namibië is daar geen twyfel dat die Namibiese regering nie in die duister kon wees aangaande die huidige bestemming van die geld nie.

“Daarvoor sal geen verskoning die geheimhouding van die Regering se kant regverdig oor waar die geld op die oomblik is nie,” het hy gesê. Mnr. Nambinga sê die burgers van die land en belastingbetalers verdien om ’n antwoord van President Pohamba te kry.

“Die vraag is dus hoekom stel die Regering en spesifiek President Pohamba nie die skuldiges bloot wat die geld gesteel het? Is dit omdat lede van intelligensie daarin misluk om hom in kennis stel of is dit omdat hy onwillig is om die skuldiges aan die man te bring? Of kan dit wees dat die skuldiges die ‘onaantasbares’ is wat hy nie kan bekostig om te na te kom nie?” het mnr. Nambinga gesê.

Fouché Brand