20.10.2009 Politieke partye registreer vir verkiesing
 Ondersteuners van verskillende politieke partye het in ’n gemoedelike atmosfeer hul dokumente gereed gekry terwyl hulle gewag het om hul partye vir deelname aan die verkiesings te registreer.
ALTESAAM 14 politieke partye het teen gister se spertyd vir deelname aan vanjaar se verkiesings geregistreer. Die laaste party om kort voor die spertyd van 11:00 gister te registreer, was die Kommunistiese Party (KP).
Die president van die party, mnr. Attie Beukes, het verduidelik dat die Workers’ Revolutionary Party die voorloper van die KP is. Die Workers’ Revolutionary Party se naam is bloot verander.
Die partye wat geregistreer het, is in die volgorde waarop hulle op die stembriewe sal verskyn: All People’s Party; Congress of Democrats (CoD); Kommunistiese Party (KP); DTA van Namibië; Demokratiese Party van Namibië (DPN); Monitor Aksie Groep (MAG); Namibia Democratic Movement for Change (Namibia DMC); Nasionale Demokratiese Party van Namibië (NDP); Namibia United Democratic Organisation (NUDO); Rally for Democracy and Progress (RDP); Republikeinse Party (RP); Swapo; Swanu en die United Democratic Front (UDF).
Net twee van die partye het nie kandidate vir die presidentsverkiesing gestel nie, te wete MAG en NDP.
Met gister se verkiesingshof het ’n gemoedelike atmosfeer tussen die politieke partye geheers en almal was vol moed met die oog op die verkiesings.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|