24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.10.2009

Politieke baniere vir hoofstraat

DIE baniere van politieke partye sal binnekort in Onafhanklikheidslaan wapper nadat die aansoek van Swapo vir die vertoon van hul baniere vir veldtogte vir die komende verkiesing van ’n president en lede van die Nasionale Vergadering Woensdagaand deur die stadsraad op sy maandelikse vergadering goedgekeur is.

Die aansoeke wat van ander partye ontvang gaan word vir die verkiesingsveldtog of enige ander verkiesing of politieke gebeure in die toekoms, sal onderworpe wees aan die maatstaf vir verskillende tipe van opelug advertensietekens. Dit sal verder onderwerp word aan enige ander toepaslike voorwaardes of vereistes.

Na die goedkeuring van die aansoek van Swapo het mnr. Werner Claassen en mnr. Kandundu laat blyk dat hulle onderskeidelik namens UDF en Nudo aansoeke vir baniere in Onafhanklikheidslaan gaan indien.

Die banierruimte oor Onafhanklikheidslaan by die T-aansluiting met Kasinostraat waarvoor Swapo aansoek gedoen het, sal net beskikbaar wees vanaf Saterdag 3 November, aangesien dit reeds vir ander klante tot Donderdag bespreek was.

Die regulasies vir verskillende tipes opelug advertensies bepaal onder meer dat baniere en vlae op munisipale grond slegs vir die volgende doeleindes gebruik mag word, te wete:

• advertensiefunksies en gebeure wat ten bate van godsdienstige, opvoedkundige, maatskaplike welsyn, dierewelsyn, sport, burgerlike of kulturele doeleindes strek of funksies of gebeure wat met die munisipaliteit, streek- en parlementêre verkiesings, referendums of registrasieprosesse verband hou.

Die regulasies bepaal verder dat met betrekking tot voorgenoemde, die algemene konsensus is dat dit gebeure raak wat met munisipale, streek- en parlementêre verkiesings verband hou, met nasionale inligtingsveldtogte wat reklameveldtogte deur individuele politieke partye uitsluit.