24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.08.2009

Politiek raak bedrywig

DIE afgelope naweek was ’n miernes van politieke bedrywighede met verskeie openbare vergaderings en die bekendstelling van twee politieke partye se manifeste.

Die National Unity Democratic Organisation (Nudo) het gister sy verkiesingsmanifes op Okakarara bekendgestel. Dit is voorafgegaan met ’n verkiesingslypskool vir sy lede en ondersteuners.

Die All People’s Party (APP) het ook sy manifes Saterdag op Tsumeb bekendgestel.

Op Otjiwarongo was die United Democratic Front (UDF) aan die beurt waar dié party se vroueliga ’n kongres gehou het ná afloop van die verkiesing van sy sekretariaat.

Die UDF se jeug in die Otjozondjupa-streek het ook afgelope naweek op die dorp ’n streekkonferensie gehou. Sondag is ’n openbare vergadering op die dorp gehou wat toegespreek is deur die party se visepresident, mnr. Simson Tjongarero.

Met die meeste politieke partye wat reeds hul manifeste bekendgestel het, is die oë nou op Swapo wat ná afloop van die onlangse sentrale komitee vergadering aangekondig het dat dié party eers op 6 September sy verkiesingsmanifes vir 2009 bekend sal stel.