|
|
2.09.2010 Moorddossier: Magdalena StoffelsDie 17-jarige Magdalena Stoffels is Dinsdag 27 Julie verkrag en vir die dood deur haar aanvaller agtergelaat. Sy is later die oggend in die Katutura hospitaal dood. Leer hier en kyk na alle nuusmateriaal wat sedert die voorval op www.republikein.com.na gepubliseer is.Howe Moedervergifnis teen misdadiger |  DIE ma van die vermoorde Magdalena Stoffels, me. Magrieta Ihuhua, het voor die hof waar Junias Phillipus verskyn het, gesê sy het hom reeds vergewe.
Die moord en verkragting van die 16-jarige skoolmeisie het ’n opskudding in Namibië veroorsaak en andermaal ... Lees meer |
|
Politiek en Nasionale Nuus Namibiërs moet sê |  LANDSBURGERS sal in die nasleep van die samesnoerende Stoffelstragedie opnuut regoor Namibië die kans kry om self inspraak te lewer oor hoe die skoolmeisie se sinlose grudood neerslag in nuwe oplossings vir ’n plaag seksuele gewelddade moet vind.
Die Nasionale Raad, het me. Lees meer |
|
Algemeen Nasie se inspirasie |  DIE familie van Magdalena Stoffels het diepe waardering aan Republikein en Namibian Sun betuig vir die publikasie van ’n spesiale gesamentlike koerant wat Saterdag na afloop van die begrafnis gratis versprei is.
Vanweë die groot openbare belangstelling ... Lees meer |
|
Sê jou sê Moeder is ‘n rolmodel | ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. A new command I give you: Love one another. As I have loved you, so you must love one another. Lees meer |
|
Sê jou sê The tragic death of Magdalena | ANYBODY who was in Namibia on the day of 27 July 2010 has surely by now heard of the tragic and shocking murder of Magdalena Stoffels in a river bed on her way back from school. Her death was really a tragic event but it could serve as a catalyst to all Namibians, ... Lees meer |
|
Sê jou sê When leadership loses vision, the poor suffers | I share the fatherly pain in the horrible, brutal raping and guerilla- type execution of a young girl, a Grade 11 student at David Bezuidenhout School, Magdalena Stoffels. I have the same sorrowful emotion with the members of the family whose child/sister was robbed off from their company. Lees meer |
|
Videonuus Rus in Vrede, Magdalena |  Nuusbreker’n LYKWAAK is Vrydagnag by die ouerhuis van die ontslape Magdalena Stoffels in Elizabethstraat Khomasdal gehou en sy is vanmiddag in die Khomasdal begraafplaas ter ruste gelê. Kyk hier na video's oor die roudiens en begrafnis. Lees meer |
|
Politiek en Nasionale Nuus Ma vergewe |  MEDIAGESKIEDENIS is kort voor die eerste roudiens vir die vermoorde Magdalena Stoffels gemaak toe haar moeder haar hart op www.republikein.com.na teenoor DMH se FutureMedia-span uitgestort het.
Die moeder van wyle Magdalena Stoffels, me. Magrieta Ihuhua, ... Lees meer |
|
Videonuus Moeder vergewe |  NuusbrekerDie ma van die vermoorde Magdalena Stoffels, me. Magrieta Ihuhua, vra dat wraak nie die eerste gedagte by Namibiërs moet wees as hulle aan haar kind se moord dink nie.Sien video Lees meer |
|
Algemeen Werknemers sit hand by teen misdaad |  ’n UITNODIGING om as maatskappy ’n bydrae tot die voorkoming van misdade soos die grumoord op Magdalena Stoffels te lewer, is soos een man deur werknemers van die Trustco maatskappygroep aangegryp. Die misdaadbekampingsveldtog behels die ontbossing ... Lees meer |
|
Sê jou sê Net vergifnis bring innerlike genesing | Laat my eerstens toe om die bedroefde en ernstig geskokte familie sterkte toe te wens. Om vrede te kry, is dit belangrik om die persoon wat die gruweldaad gedoen het, te vergewe, ja ek weet dus makliker gesê as gedaan. Vergifnis bring innerlike genesing en bring gesonde dinkkrag na vore. Lees meer |
|
Sê jou sê Innige meegevoel aan vriende en ouers | My innige meegevoel aan die leerlinge en ouers van die leerling van die Hoërskool David Bezuidenhoudt. Ek was ook ’n leerling van daardie skool.
En hierdie probleem van leeglêers rondom en in daai rivier kom van toeka se tyd af aan en niemand het hulle daaraan gesteur nie. Lees meer |
|
Sê jou sê Wipe the scum from our community | Gee my net ’n kans om te sê hoe jammer ek voel vir die familie en vriende van oorlede Magrieta. Ek self het baie susters wat ook nog jong dogters het. Dis ’n baie hartseer saak.
Ek dink die regering moet drasties ’n plan maak om die doodsvonnis terug te bring in die Grondwet. Lees meer |
|
Sê jou sê Tragies, maar laat haar dood nie vergeefs wees nie | Ek wil graag my mening lug oor die tragiese en hartseer dood van Magdalena Stoffels. Ek is self nog ’n tiener, 19, en dit het aan my geruk en gee my slapelose nagte, want dit kon ek gewees het.
Haar dood was nie nutteloos nie, want Namibië het as een opgestaan en sy stem dikgemaak, ... Lees meer |
|
Sê jou sê Stelsel faal vroue en jong meisies | Die gruweldood van Magdalena Stoffels dwing opnuut die vraag oor geweld teen jong meisies, kinders en vroue in die ope. Meer as een-en-twintig jaar na onafhanklikheid en lank na diskriminasie wetlik opgeskort is, is die vrye beweging van jong meisies, kinders ... Lees meer |
|
Sê jou sê Moord was brutaal | Ek wil graag my mening lug oor die brutale moord op wyle Magdalena Stoffels (may her soul rest in peace). Ek kan nie glo die regering het dit toegelaat dat daardie die moordenaar beskerm en bedek was nie.
Dit is die waarheid wat die publiek sê dat mense ... Lees meer |
|
Sê jou sê The time for change is now | Firstly I would like to extend heartfelt condolences to the family of the late Magdalena Stoffels. The recent mass outcry by the Namibian community, requesting in one voice the return of the death penalty, has got many a tongue wagging. Every few years a democratic state comes to a cross- ... Lees meer |
|
Sê jou sê Moet daar dan eers moord en doodslag wees? | Ek wil weet moet daar elke keer eers moord en doodslag wees voor opgetree word. Daar is al hoeveel briewe geskryf aan die stadspolisie oor die bedrywighede in die strate rondom Jan Möhr Skool en die rivier by Mercurystraat.
Daar gaan bitter min dae verby ... Lees meer |
|
Sê jou sê Laat haar siel in vrede rus | Ek as ouer is regtig waar baie baie hartseer oor wat met Magdalena Stoffels gebeur het. My grootste hartseer is vir haar ma, haar hart is verpletter. Here vergewe ons skuldes asseblief, as ons u verkeerd aangedoen het vergewe ons asseblief Vader.
Vir haar ... Lees meer |
|
Algemeen Regsproses trek vuur |  “DIE stadige proses wat met die vervolging van misdadigers gevolg word, is die oorsaak van geweld. Die regte van misdadigers weeg swaarder as die regte van hul slagoffers. Voordat die regte van die slagoffers nie swaarder weeg as dié van die oortreder nie, ... Lees meer |
|
Algemeen Khomasdal rou oor Magdalena |  Gemeenskapsaktiviste, inwoners van Khomasdal en maats van wyle Magdalena Stoffels het vanoggend ingespring en gehelp met die uitgebreide skoonmaakveldtog van die stadspolisie in hulle omgewing.
Vir die eerste keer sedert die grusame aanval op die 17-jarige meisie, ... Lees meer |
|
Algemeen Massas by Stoffels-begrafnis verwag |  DIE ongekende openbare solidariteit wat landswyd aan die orde van die dag is teen geweld teen vroue en kinders, het die Windhoek munisipaliteit laat besluit om busse beskikbaar te stel vir Magdalena Stoffels se begrafnis.
Magdalena, die 17-jarige slagoffer ... Lees meer |
|
Videonuus Operasie skoonmaak begin |  Die Gammams-rivier en ander beboste gebiede in Winhoek gaan ontbos word as deel van ’n poging om omliggende gebiede veiliger te maak.
Die stadspolisie, munispaliteit, lede van die Khomasdal Gemeenskapsforum, die Khomasdal Pastoraleforum en die gemeenskap ... Lees meer |
|
Algemeen Daadwerklike optrede teen misdaad begin |  GROOTSKAALSE ontbossing as deel van ’n poging om gebiede veiliger te maak en geen skuiling vir booswigte te gee nie, het gister in Windhoek begin.
Ná vele klagtes en protesoptredes was die munisipaliteit en stadspolisie genoodsaak om die gebied skoon te maak. Lees meer |
|
Algemeen Skoonmaak gaan begin |  ’n OMVATTENDE bosuitdunningsprojek word vandeesweek in Windhoek van stapel gestuur om die stad veiliger te maak vir veral skoolkinders en vroue.
Dit volg nadat die verkragting en moord van die 17-jarige Magdalena Stoffels verlede week skokgolwe deur die land gestuur het. Lees meer |
|
Algemeen ’n Volk is woedend |  Reaksies oor die moord op die 17-jarige Magdalena Soffels het vanaf verskillende oorde ingestroom. Lees hier wat almal te sê het. Lees meer |
|
Videonuus Leerlinge betoog oor sinnelose moord op klasmaat |  Bykans twee duisend skoliere het vanoggend vanaf die Sekondêre Skool Dawid Bezuidenhout na die Katutura Landroshof gestap om hul protes teen die grusame moord op Magdalena Stoffels te toon. By die hof het hulle ‘n versoekskrif aan die adjunk aanklaer-generaal, mnr. Lees meer |
|
Skryf aan Redakteur Tiener deel medelye | Ek wil graag my mening lig oor die tragiese en hartseerlike dood van Magdalena Stoffels.
Ek is self nog 'n tiener, 19, en dit het aan my geruk en gee my slapelose nagte, want dit kon ek gewees het. Haar dood was nie nutteloos nie, want Namibie het as een opgestaan en sy stem dikgemaak, ... Lees meer |
|
Howe Duisende soek bloed |  MEER as ’n duisend woedende Namibiërs het die vermeende moordenaar en verkragter van Magdalena Stoffels by die Katutura landdroshof ingewag, terwyl die Namibiese polisie met verdere ondersoeke na die misdaadspoor van Junior Phillippus onderweg is.
Aanduidings ... Lees meer |
|
Skryf aan Redakteur Maak 'n voorbeeld van die moordenaar | Gee my net n kans om te se hoe jammer ek voel vir die familie en vriende van oorlede Magrieta. Ek self het baie susters wat ook nog jong dogters het.Dis n baie hartseer saak.
Ek dink die regering moet drasties n plan maak om die doodsvonnis terug te bring in die Grondwet. Lees meer |
|
Skryf aan Redakteur Hierde nie die eerste keer | Ek wil weet moet daar elk keer eers moord en doodslag wees voor opgetree word.
Daar is al hoeveel briewe geskryf aan die stads polisie oor die bedrywighede in die strate rondom Jan Mhr Skool en die rivier by Mercury str .
Daar gaan bitter min dae verby ... Lees meer |
|
Algemeen Owerhede in spervuur |  ’n REEKS eise stapel op teen die owerhede ná die trane van hartseer en woede in die rivier waar Magdalena Stoffels wreed vermoor is.
’n Groepie ontstoke en hartseer vroue van Khomasdal het gister by die moordtoneel byeengekom om te bid en ook om ’n oplossing ... Lees meer |
|
Algemeen Gemeenskapsverset neem toe |  DRUK en verset groei uit alle vlakke van die staatshuishouding teen die land se owerhede en die veiligheidsinstellings om die slepende nasionale frustrasie met geweldsmisdaad dringend en doeltreffend aan te pak. Lees meer |
|
Skryf aan Redakteur Hart gaan uit na bedroefde familie | Laat my eerstens toe om die bedroefde en ernstig geskokte familie sterkte toe te wens. Om vrede te kry is dit belangrik om die persoon wat die gruweldaad gedoen het te vergewe, ja ek weet dus makliker gese as gedaan. Vergifnis bring innerlike genesing en bring gesonde dink krag na vore. Lees meer |
|
Skryf aan Redakteur Oud-leerling sê leeglêers toeka se probleem | My innige meegevoel aan die leerlinge en ouers van die leerling van David Bezuidenhoudt Hoërskool.
Ek was ook 'n leerling van daardie skool.
En hierdie probleem van leeglers rondom en in daai rivier kom van toeka se tyd af aan en niemand het hulle daaraan gesteur nie. Lees meer |
|
Algemeen Skok en troos uit alle oorde |  DIE gruweldood van Magdalena Stoffels het die harte van die hoogste politici tot die nederigste landsburgers geraak.
Die Minister van Justisie, me. Pendukeni Ivula-Ithana, het gisteraand in haar persoonlike hoedanigheid die ouers van die vermoorde skoolmeisie ... Lees meer |
|
Misdaad Leeglêers voer lankal skrikbewind |  LEEGLÊERS soos die verdagte moordenaar van die 17-jarige Magdalena Stoffels was aan leerlinge van die Hoërskool Dawid Bezuidenhout bekend en het glo ’n skrikbewind teen veral meisies in dieselfde droë rivierloop gevoer waar hy gister weens ’n grumoord met ... Lees meer |
|
Misdaad Stadspolisie storm misdaadneste |  DIE stadspolisie van Windhoek en die Katutura gemeenskapsforum begin Maandag met ’n grootskaalse skoonmaakveldtog in die omgewing waar die grusame moord van Magdalena Stoffels plaasgevind het.
Sodoende sal potensiële wegkruipplekke en plekke waar onskuldige mense voorgelê kan word, ... Lees meer |
|
Skryf aan Redakteur Gruwelmoord opper vraag oor geweld teen jong meisies en vroue | Die gruweldood van Magdalena Stoffels gisteroggend dwing opnuut weer die vraag oor geweld teen jong meisies, kinders en vrouens in die ope.
Meer as een-en-twintig jaar na onafhanklikheid en lank na diskriminasie wetlik opgeskort is, is die vrye beweging van jong meisies, ... Lees meer |
|
Skryf aan Redakteur Moenie moordenaar beskerm | Ek wil graag my mening lig oor die brutale moord van Wyle Magdalena Stoffels ( May her Soul Rest In Piece).
Ek Kan nie glo die regering het dit toegelaat dat daardie vuil-hond (die moordenaar) beskerm en bedek was nie.
As 'n moeder' sou ek as dit my ... Lees meer |
|
Videonuus Khomasdal-gemeenskap maak harte oop oor moord |  Leerlinge van die Sekondêre Skool Dawid Bezuidenhout het vanoggend hulle harte oopgemaak oor hul mede-leerder wat gisteroggend skaars 'n 100 meter vanaf die skool 'n grudood gesterf het.
Die Khomasdal-gemeenskapsforum het ook stem dik gemaak oor die voorval ... Lees meer |
|
Misdaad Gruwel in moordrivier |  TERWYL ’n groep inwoners van Khomasdal buite die Katutura hospitaal op die bloed van ’n verkragter aangedring het, was die ma van ’n jong skoolmeisie ontroosbaar in die gange van die hospitaal nadat sy gehoor het haar dogter is dood.
Die jong meisie het ... Lees meer |
|
|