Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

9.2.2012
Suiwel se donkerste uur
© Francois Poolman

NAMIBIË se beleërde suiwelprodusente het ’n beroep op die Regering gedoen om dringend regverdige spelreëls te implementeer wat die storting van gesubsidieerde buitelandse suiwelprodukte sal verbied. So nie moet die Regering ’n verbod plaas op ingevoerde ...   Lees meer

9.2.2012
Lemmer se lyfstraf laat ly

’n PAK slae met ’n plank het ’n leerling met ’n pimpel en pers agterstewe gelaat en ’n onderwyser van die Sekondêre Skool Dr. Lemmer op Rehoboth ’n klag van aanranding op die hals gehaal. Pastoor Nico Bock het ’n week gelede ’n klag van aanranding by die polisie op die dorp aanhangig gemaak, ...   Lees meer

9.2.2012
Wambo gooi wal

RAADSLID Edward Wambo van die kiesafdeling Rehoboth-Oos en lid van die Hardap Streekraad, het hom vinnig verontskuldig van die gebrek aan ontwikkeling op Rehoboth toe hy deur die gemeenskap daarmee gekonfronteer is. Volgens hom kan hy nie persoonlik daarvoor verantwoordelik gehou word nie.   Lees meer

9.2.2012
Stakers wil nie bes gee
© Marlize Rautenbach

’n EERSTE goederetrein het gister omstreeks 16:00 ná ’n onwettige staking wat reeds agt dae duur, op Walvisbaai briek losgemaak en uit die stasie vertrek. Die vrag was suur en die bestemming die Rössing-uraanmyn. ’n Tweede trein met vliegtuigbrandstof ...   Lees meer

9.2.2012
Twee Australiërs sterf in ongeluk
© Verskaf.

TWEE Australiese toeriste, albei vroue, het gister in ’n ongeluk op die hoofpad tussen Karibib en Usakos gesterf. Nog nege ander toeriste en die bestuurder is beseer. Die landreisigervoertuig (“overlander”) van African Trails van Brittanje was van Tanzanië ...   Lees meer

9.2.2012
Air Namibia-vlugte na Frankfurt normaliseer

DIE ongure weerstoestande in Europa het geen invloed op Air Namibia se vlugte tussen Frankfurt en Windhoek gehad nie. Die nasionale lugkarweier het wel Dinsdag aangekondig dat ’n vertraging in vlugte op die Windhoek-Frankfurt- Windhoek-roete ondervind is.   Lees meer

9.2.2012
Babadogter vir BBA se Meryl
© bongoweekend.blogspot.com

Die 24-jarige Meryl Mwampamba, wat bekendheid verwerf het as die Namibiese verteenwoordiger in die Big Brother Africa 2- en 5-weergawes, het Maandagoggend in die Katutura-hospitaal geboorte aan haar dogtertjie geskenk. Meryl Shikwambane is laat verlede jaar ...   Lees meer

9.2.2012
Katima Mulilo se kameeldorings afgekap
© Verskaf

DIE strydbyle is opgegrawe op Katima Mulilo oor die beweerde onwettige afsaag van kameeldoringbome op die dorp. Alle aantygings van ’n vermeende knoeiery is egter dié week ten sterkste deur die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die dorpsraad en die direktoraat van Bosbou ontken.   Lees meer

8.2.2012
Wedloop teen die winter
© Paul van Schalkwyk

DIE eerste wedloop na die Suidpool het die name van Amundsen en Scott vir ewig in die geskiedenisboeke geskryf. Amundsen het die Suidpool op 14 Desember 1911 eerste bereik met Scott wat net meer as ’n maand later, op 17 Januarie 1912, daar aangekom het. Die ...   Lees meer

8.2.2012
Reën ontwortel 16 huishoudings
© Nampa

INWONERS van die Kasote-nedersetting wes van Rundu moes hul wonings as gevolg van swaar reën verlaat. Die adjunkburgemeester van Rundu, mnr. Bonny Kahare, het gesê 16 huishoudings is geraak waarvan drie “dringend hulp nodig het”. Hy het gesê tente is oorkant ...   Lees meer

nuwe artikels   -   nog artikels

Druk Artikel  
Skryf aan Redakteur  
Deel met 'n vriend