
Die eerste kontingent van 17 vroulike Namibiese polisielede vertrek vandag na Darfur in Soedan waar hulle as deel van die Verenigde Nasies en Afrika Unie se vredeskorps gaan werk. Nog ’n groep van 14 sal op 30 Maart vertrek om vir ’n jaar by die vredesending aan te sluit. Die sittende ry is senior Nampol-amptenare wat met opleiding en voorbereiding van die vredeskorps gehelp het. Hulle is adj.off. Tauno Hamukoto, hoofinsp. Ndeshihafela Shapumba, adj.komm. Trougot Nghambe Kaulinge, hoofinsp. Hilda Shiimi, hoofinsp. Cecilia Malan en hoofinsp. Tobias Elago. Agter hulle staan die 17 polisievroue wat vandag na Darfoer vertrek.