SCORE CARD:


20 YEARS OF INDEPENDENCE

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Okahandja stem


Lesers 2010


Fotobeelde

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

01.03.10

Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn

03.03.10

Stem Namibies

02.03.10

Tiger Reef bly in branders se visier

28.02.10

Ruiterstandbeeld staan weer trots

01.03.10

Beesdief steel ’n tweede keer

13.01.2009

Polisie ondersoek plastieksak in vliegtuigenjin

‘n ONDERSOEK na die noodlanding van die Cessna 172-vliegtuig verlede Woensdag in die Prosperita Nywerheidsgebied in Windhoek het aangedui dat ‘n verstopping in die luginlaat van die vliegtuig die rede was vir die noodlanding.

Die verstopping is veroorsaak deur ‘n plastieksakkie wat gevul was met metaalvoorwerpe soos klinknaels en moere, wat tot gevolg gehad het dat die vliegtuig krag verloor het en die vlieënier, mnr. Wimpie Coetzee, genoodsaak was om ‘n noodlanding in Michelle McCleanrylaan in Prosperita uit te voer. Hy het een passasier in die vliegtuig gehad.

Volgens die direkteur van ondersoeke na vliegtuigongelukke van die Ministerie van Werke en Vervoer, mnr. Ericksson Nengola, is die ondersoek na die voorval byna voltooi, maar dit kan nie gefinaliseer word voor die polisie se forensiese eenheid vasgestel het of die plastieksak met opset of per abuis in die vliegtuig se enjin gelaat is nie.

“Sodra die polisie se ondersoek na die teenwoordigheid van die plastieksak met inhoud afgehandel is, sal ons ons ondersoek kan afhandel en ‘n verslag daaroor bekendstel,” het mnr. Nengola gesê. Volgens inligting sluit die polisie se ondersoek die opspoor van moontlike vingerafdrukke op die plastieksak in, om moontlike mense te identifiseer wat dit hanteer het.

Die Cessna 172-vliegtuig met registrasiemerk V5 MAR, was die eerste wat vanjaar grond toe gedwing is weens “meganiese probleme”. Namibië het verlede jaar ‘n vlaag van vliegtuigrampe en -ongelukke beleef waarin verskeie toeriste en Namibiërs dood of beseer is.

By navraag aan die Namibiese vliegtuig-instandhoudingsmaatskappy, Westair Maintenance, se hoof uitvoerende beampte, mnr. Wolf Grellmann, het hy bevestig dat die maatskappy ongeveer twee weke voor die noodlanding die vliegtuig gediens het. “Suksesvolle grondtoetse is op die Cessna 172 uitgevoer, waarna dit geneem is vir ‘n uurlange toetsvlug en alles was in orde,” het mnr. Grellmann gesê.

Hy het gesê dat dit in hierdie stadium vrugteloos sal wees om te probeer verklaar hoe die plastieksakkie met sy inhoud in die luginlaat beland het. Hy is van mening dat sodra die ondersoek afgehandel is en hulle die geleentheid het om te sien hoe die plastieksakkie en die inhoud lyk, hulle dalk kan vasstel waar dit vandaan kom.

“Ek het nie ‘n antwoord oor hoe die sakkie daar beland het nie,” het mnr. Grellmann gesê. Dieselfde maatskappy het ook verlede jaar die Cessna 210-vliegtuig versien wat in die Windhoekse woonbuurt Hochlandpark neergestort het. ‘n Plastieksak wat tydens die skoonspuit van die betrokke vliegtuig se enjin oor die lugpype getrek was om te verhoed dat die lugfilter water inkry, is nooit na die skoonmaakproses verwyder nie.

Dit het veroorsaak dat die vliegtuig kort nadat dit by die lughawe Eros opgestyg het, begin het om krag te verloor en in die woonbuurt neergestort het. Een van die vier passasiers, ‘n Switserse burger, is kort na die voorval in ‘n Windhoekse hospitaal aan sy beserings dood.

Die vliegongeluk is aan ‘n menslike fout toegeskryf. Mnr. Grellmann het gesê dat Westair Maintenance die afgelope 42 jaar daarin kon slaag om aan die hoogste veiligheidstandaarde te voldoen. Binne ‘n kort tyd het hulle nou egter twee negatiewe ervarings gehad.