24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.02.2012

Pohamba tevrede met AU-spitsberaad


President Hifikepunye Pohamba skud blad met die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, mnr. Ban Ki-Moon, tydens die 18de spitsberaad van die Afrika-unie (AU) in Addis Abeba.

PRESIDENT Hifikepunye Pohamba het die afgelope Afrikaunie (AU) spitsberaad in Addis Abeba, Ethiopië, as baie suksesvol beskryf. Die President het Maandag na Namibië teruggekeer. Met sy aankoms in Windhoek het die President uitgebrei oor die staatshoofde se besprekings oor intra-Afrika handel, terwyl ander afgevaardigdes die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) se verslag bestudeer het. “Om handel onder Afrika-lande te bevorder, moet ons die infrastruktuur versterk, veral die paaie en die spoorlyne,” het Pohamba gesê.

“Die gesprek het goed afgeloop en daar was niemand wat dit bevraagteken het nie.” Volgens hom is ooreengekom vir die beleid om te slaag, meer van plaaslike hulpbronne gebruik gemaak moet word, eerder as van hulpbronne buite die vasteland. Gedurende die spitsberaad het staatshoofde ook die aangeleentheid van vrede en veiligheid in Afrika bespreek. “Ons het oor die vredestoestand in Afrika gepraat, veral na wat verlede jaar in Noord-Afrika gebeur het, en wat tans in Somalië en ander lande aan die gang is,” het hy gesê.

Die President het gesê die onluste en terreur in Nigerië is nie tydens die spitsberaad bespreek nie, hoewel Namibië die uitwissing van onskuldige mense veroordeel het. Volgens Pohamba het die gesprekke oor vrede vlot verloop en met betrekking tot Libië het Namibië dit duidelik gestel dat die ingryping van eksterne magte ongevraagd was. “Afrika beskik oor die vermoë om sy eie probleme op te los, eerder as om hulp van buite te kry,” het die President gesê.

Op die vraag aan Pohamba hoekom die AU dubbele standaarde toepas as dit by Madagaskar kom, aangesien die nuwe Libiese regering die spitsberaad kon bywoon en nie die leierskap van Madagaskar nie, het Pohamba gesê hy is nie bewus van so ’n kwessie nie. Die President het ook tydens die onderhoud die president en regering van China bedank vir die oprigting van die nuwe AUhoofkwartier in Addis Abeba. Die nuwe hoofkwartier wat deur China gefinansier is, is ’n teken van die Asiatiese reus se strewe om voor te bly in Afrika en groter toegang tot die vasteland se natuurlike hulpbronne te kry. – Nampa