24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

21.03.2010

Pohamba pleit vir versoening, eenheid en vrede

© Floris van Schouwenburg

“EK is oortuig dat die mag van ons gedeelde waardes en doelwitte ons verskille oortref,” het Pres. Hifikepunye Pohamba vandag aan Namibiërs gesê in sy insweringsrede.

“Ons sterkte lê in die kleurvolle diversiteit van die Namibiese mense,” het hy met die opneem van sy pligte vir ’n tweede en laaste termyn as staatshoof benadruk.

“Ek doen daarom ’n beroep op almal van ons om voort te gaan om vrede, sekuriteit en stabiliteit in ons land te handhaaf,” het Pres. Pohamba versoek.
© Floris van Schouwenburg
Pres. Pohamba met sy aankoms by die feesvieringe.
“Ons moet versoening en nasionale eenheid vertroetel en aanhou om dit te bevorder. Ons moet die ondeugde van stam- en streekgebondenheid, nepotisme, etnisiteit , rassediskriminasie, seksisme en korrupsie links laat lê,” het die staatshoof vermaan.

Pres. Pohamba het ná die sagte en beskeie “dankie” waarmee hy op Hoofregter Peter Shivute se inswering gereageer het, beklemtoon dat hy vervul is met ongelooflike trots, dankbaarheid en nederigheid.

Hy het meer as een keer benadruk dat hy alle Namibiërs se beste belange op die hart sal dra.

“Ek aanvaar julle mandaat,” het hy aan die nasie gesê.
Pres. Pohamba het burgers versoek om die fondamente van die vrede wat Namibië tot vandag geniet elke dag nog verder vir komende geslagte te versterk.

Vir die volgende vyf jaar het hy die aanspreek van werkloosheid, die ontwikkeling van landelike gebiede en die verbetering van die lot van mense in informele nedersettings uitgesonder as van die nuwe Regering se heel belangrikste prioriteite.

Pres. Pohamba het moeite gedoen om elke deel van die samelewing te bedank vir die bydrae wat hulle gelewer het in die vordering wat die afgelope twee dekades gemaak is, byvoorbeeld die sakegemeenskap, senior burgers (wat vanaf volgende maand vir gratis behandeling by staatshospitale sal kan aanklop), vroue, die jeug, werkers, tradisionele leiers en kerke.

Die groot hoeveelheid besoekende staatshoofde en ander hooggeplaastes wat na Namibië gekom het om saam met die land sy 20ste jaar van onafhanklikheid te herdenk, het die staatshoof gesê, is ’n getuigskrif dat Namibië “’n baken van hoop” bly as dit kom by die waardes van demokrasie, vryheid en gelykheid, maar ook ’n belangrike herinnering van die groot potensiaal wat die land nog moet realiseer.

“Lank lewe die Republiek van Namibië!” was die slotwoorde van Pres. Pohamba se tweede intreerede.
© Floris van Schouwenburg
Pres. Pohamba ontvang nasionale simbole ná hy deur Hoofregter Peter Shivute as president ingesweer is.