
‘n Deel van die groot skare wat Swapo se vergadering by Oshikango bygewoon het.

‘n Deel van die groot skare wat Swapo se vergadering by Oshikango bygewoon het.
“Die mag lê by die kiesers. Die mandaat wat die Namibiese kiesers aan Swapo en aan my as die land se President gegee het, verstryk op 20 Maart 2010. Die Grondwet vereis vars verkiesings voor daardie datum,” het hy gesê en bygevoeg: “Ons is hier om ’n nuwe vyfjaar termyn te vra sodat Swapo met die ontwikkeling van die land kan voortgaan.”
Mnr. Pohamba wat al die stemgeregtigdes versoek het om in die komende verkiesings te gaan stem, het gesê om vir Swapo te stem, sou ’n “verstandige stap” wees.
Mnr. Pohamba het gesê hy voel sleg wanneer hy mense sien wat in die verlede Swapo-kleure gedra het, maar nou ander partye se klere aantrek.
Hy het egter sy party se lede en ondersteuners versoek om nie ondersteuners van ander partye uit te tart nie, en wanneer hulle self uitgetart word, om nie die reg in eie hande te neem nie, maar eerder die polisie te nader.
Mnr. Pohamba was Sondag op Oshikango nadat hy die vorige dag ’n soortgelyke vergadering op Outapi in die Omusati-streek toegespreek en die konstruksie van die Oshikuku-Okalongo-pad amptelik geopen het.