Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

4.02.2010

Pohamba moet sê oor kiesbaas

DIE lot van die verstote direkteur van verkiesings, mnr. Moses Ndjarakana, is ’n kwessie wat die Verkiesingskommissie (ECN) net met die President hoef te bespreek, het mnr. Victor Tonchi, voorsitter van die waghond vir die demokrasie, gister aan Republikein gesê. “Dit is niemand anders se besigheid nie.”

Dr. Albert Kawana, Minister van Presidensiële Aangeleenthede, kon nie sê of daar enige gesprekke met, of voorleggings aan President Hifikepunye Pohamba was nie. Ná mnr. Ndjarakana ’n tyd lank terug op kantoor was, maar nie met die pligte vertrou is waarvoor die Staatshoof hom aangestel het nie, is hy nou met vakansie.

Mnr. Ananias Elago, bedryfshoof van die ECN, neem steeds in sy plek waar. “Hy (mnr. Ndjarakana) is met verlof,” het hy gesê, maar wou nie aandui of dit gewone of verpligte rustyd is nie. Mnr. Ndjarakana self swyg steeds soos die graf.

Nie mnre. Tonchi óf Elago wou sê of die ECN met nog sewe dae tot hul beskikking op koers is met die finalisering van eedsverklarings waarin die instelling sy verdediging teen volgende Woensdag moet uitstippel nie.

Die aansoekers sal hierna sewe dae hê om repliek te lewer. Alle dokumente moet dus teen Vrydag 19 Februarie voor die hof wees, waarna die griffier van die Hoërhof ’n verhoordatum sal vasstel.