Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Tierheim Practice Show


Motor 11 Julie

Land van kontraste


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.06.08

Noodlanding loop skeef buite Swakop

16.06.08

Rooikruisvrou uit Ethiopië gegooi

23.06.08

Moord op Walvis

10.06.08

‘Ontvoerde’ ma aangekla

06.06.08

Nog ’n aanslag op Ooste-boere

16.05.2008

Plofstof by Chinese winkel

PLOFSTOF soortgelyk aan die wat die laaste tyd in Suid-Afrika gebruik word om kitsbanke op te blaas, is omstreeks kwart oor sewe Saterdagoggend op die perseel van ‘n Chinese onderneming in Rundu gevind.

Die eienaar van die besigheid se broer het op die drie lonte, een D6 slagdoppie en twee sakkies Explogel V6 in ‘n oranje drasak afgekom. Lede van die plofstofeenheid van die polisie op Rundu het dit geklassifiseer as plofstof wat normaalweg in die mynbedryf gebruik word en as van Suid- Afrikaanse oorsprong.

Die Namibiese polisie het mense opnuut versoek om enige verdagte voorwerpe aan die plofstofeenheid te rapporteer en dit onder geen omstandighede self te probeer hanteer nie.

• ‘n Negejarige meisie is die afgelope naweek in die Okamukwa nedersetting in die Ohangwenastreek deur ‘n volwasse man verkrag. Die verkragter is steeds op vrye voete.

• Kindermishandeling het die lewe van ‘n een en ‘n half jaar oue baba op Oshikuku geëis. Ngashikale Vaino is omstreeks 14:00 in ‘n huis op Okapya in die omgewing van Oshikuku gekry. Daar word vermoed dat hy voor sy dood ernstig aangerand is. ‘n Twintigjarige man is in verband met die moord in hegtenis geneem.

• Twee jong kinders het die afgelope week verdrink. Op Omandobe in Omungwelume het ‘n tweejarige seuntjie, Nikodemus Ujombala, in ‘n emmer water verdrink toe hy volgens die polisie se misdaadverslag, probeer het om water uit die emmer te drink. Helena Shikomba, nog ‘n tweejarige, het Dinsdag in die Onanyegenedersetting verdrink.

• ‘n Vrou van 35 jaar is in ‘n huis vermoor terwyl sy gelê en slaap het. Maria Antanga is dood nadat sy met ‘n swaar voorwerp oor die kop geslaan is. Die voorval het omstreeks 04:00 in ‘n huis in die Omeege nedersetting gebeur. ‘n Man (46) is deur die polisie in hegtenis geneem.

• ‘n Man is ná ‘n familie-uitval deur sy eie broer geskiet. Haitange Shatipamba (43) is vermoedelik deur sy broer met ‘n Makarov pistool in die kop geskiet. Die 30- jarige broer is in polisie aanhouding.