24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Padreus in wilde jaagtog

© Hans Strydom

© Hans Strydom
’n VRAGMOTORBESTUURDER van Slabbert Burger Transport is gisteroggend in die middernaglike ure voor die hekke van sy werkgewer in hegtenis geneem na ‘n wilde jaagtog wat in Katutura begin het.

Die Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurder was glo in Wanaheda in ’n botsing betrokke en die polisie het hom probeer voorkeer. Hy het nie stilgehou nie en is deur die stadspolisie agternagesit.

Na die jaagtog deur Katutura en daarna op die westelike verbypad het die bestuurder voor die hekke van sy werkgewer stilgehou en hom in die vragmotor toegesluit. Polisiebeamptes het vergeefs probeer om hom te oorreed om die vragmotor oop te sluit.
© Hans Strydom
Hulle het pepergas gebruik, maar steeds wou hy nie roer nie. Nadat versterkings opgedaag het, het die bestuurder uiteindelik die aftog geblaas.

Hy is in hegtenis geneem en moes ’n asemtoets doen. Hy is daarna na die hospitaal geneem vir bloedtoetse en hy sal vanoggend in die hof verskyn op verskeie klagte wat beweerde dronkbestuur en roekelose bestuur insluit.

Die vlootbestuurder van Slabbert Burger Transport by die Windhoekse tak, mnr. John Abrahams, het die voorval bevestig en gesê hy was ook na die toneel ontbied.

Mnr. Abrahams het ook bevestig dat die vragmotorbestuurder van Kaapstad is en dat die maatskappy se hoofkantoor in Kaapstad oor die lot van die bestuurder sal besluit indien hy skuldig bevind sou word.